Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

BESLUIT: Brugbediening

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Die Algemene Sinode:

  1. besluit dat die saak van Brugbediening deur die Projekspan Gemeentebediening hanteer moet word.
  2. besluit om die Riglyne vir Brugbediening te gebruik wanneer gemeentes die behoefte het aan brugbediening.

Gemeentebediening het verder op versoek van die Informele Werkgroep ‘n gesprek gevoer met lede van die groep en die taakspan-leier van Noodelike Sinode. Die uitkoms van die gesprek is soos volg.
Die saak van brugbediening word via die Taakspan Gemeentebediening na die Algemene Sinode geneem met die volgende versoek:
Datdie sub-taakspan Gemeentebediening die volgende sake met betrekking totBrugbediening uitklaar:

  1. Koördineringvan die inhoud van opleidingvan brugleraars wat by Excelsus en Communitas gedoen word. (In oorleg met die Algemene Kuratorium).
  2. Kerkordelike sake waaronder die kwessie van die beroep of benoeming van ‘n brugleraar en die onderskeid tussen ‘n vastetermynpos en brugleraar. Gemeentebediening tree hiervoor in gesprek met die ATR.
  3. Verandering in die funksionele besluite wat in die skrywe van die Werkgroep vir Brugbediening versoek is ten opsigte van die termyn van Brugbediening en die aftree-ouderdom van brugleraars. (In oorleg met Predikantesake).
  4. Die invloed van die nuwe teologiese opleidingsbane op brugbediening (in oorleg met die Algemene Kuratorium).
  5. Die aard van brugbediening: Hoe word dit as ‘n spesialisbediening onderskei van vastetermynposte? (Gemeentebediening)
  6. Die plasing van brugleraars in gemeentes: die rol van sinodes en ringe hierin.

Lees die volledige verslag oor gemeentebediening hier.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top