Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

BESLUIT: Veranderende predikanteprofiel

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Die Algemene Sinode besluit dat:

  1. Dat die kleiner wordende predikantekorps verreken moet word in oorwegings van verandering in die aftree-ouderdom.
  2. Dat enige verandering in aftree-ouderdom die moontlike effek op jonger proponente en predikante in ag sal neem.
  3. Dat daar ook na verskillende voorstelle oor hoe predikante bo 65 kan voortgaan om ‘n rol in gemeentes van die NG Kerk te speel gekyk sal word.
  4. Dat daar verdere navorsing gedoen moet word oor die profiel van die predikantekorps wat gemeentes in die jare wat kom gaan nodig hê. Dat die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) and Algemene Kuratorium, asook ander relevante taakspanne deur Taakspan Navorsing deelgemaak word van die proses soos nodig.

Die volledige verslag van Taakspan Navorsing kan hier gelees word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top