Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

BESLUIT: Kategese

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Kategese

1. Die Algemene Sinode oordeel steeds dat Kategese as ’n prioriteit van die Algemene Sinode beskou moet word.
2. Die Algemene Sinode wys ‘n Taakspan aan om navorsing te doen, na te dink oor eietydse, relevante materiaal en ander hulpmiddels binne die raam van die gereformeerde teologie en belydenisskrifte van die NG Kerk te ontwikkel.
3. Die Taakspan Kategese hoort gemeentes te ondersteun in geïntegreerde geloofsvorming, sodat geloof geleef word.
4. Die Algemene Sinode versoek die Taakspan Kategese om na te dink oor nuwe vorme van publikasies in die digitale era.
5. Die Algemene Sinode moedig gemeentes aan om, wanneer hulle kategesemateriaal kies, die raamwerk van die Taakspan Kategese as riglyn te gebruik.
6. Die Algemene Sinode betuig groot dank aan BybelMedia vir die samewerkingsooreenkoms en groot ondersteuning wat hulle bied aan die Taakspan Kategese.
7. Die Algemene Sinode ondersoek moontlikhede waarop die werksaamhede van die Taakspan Geloofsvorming Jeug voortgebou kan word.
8. Die Algemene Sinode ondersoek moontlikhede waarop die Taakspan Kategese se kapasiteit vermeerder kan word, sodat die Taakspan Kategese gemeentes kan ondersteun in geïntegreerde geloofsvorming.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top