Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

BESLUIT: Rassisme en Geregtigheid

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Rassisme en geregtigheid

Die Algemene sinode:

1. erken die voortgaande rassisme en geskeidenheid op grond van ras in Suid Afrika, en dat die NG Kerk histories bygedra het hiertoe.

2. versoek die ASM op om ‘n taakspan vir rassisme en geregtigheid saam te stel

a) wat konkrete voorstelle kan ontwikkel oor die plek van restitusie in die getuienis van gemeentes, ringe en sinodes,

b) om ‘n studie te maak van materiaal wat beskikbaar is om gemeentes te begelei in vorming van ‘n anti-rassitiese verbeelding en praktyk, en ‘n aanbeveling te maak vir materiaal en prosesse wat vir ons konteks gepas is,

c) en om te terugvoer te gee aan die ASM oor verdere ontwikkeling van materiaal en prosesse wat noodsaaklik is vir die spesifieke behoeftes van die NG Kerk;

3. beveel aan dat streeksinodes soortgelyke taakspanne en/of leergemeenskappe vir rassimse en geregtigheid saamstel met die doel om prosesse te fassiliteer om gemeentes en ringe hiermee te help

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top