Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Nooit gedink ek sou híéroor jammer sê’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ryno van Valhalla skryf: Vroeg op ’n Maandagoggend lui my foon. Dit is ’n oproep van ’n man wat sy bande met die NG Kerk wil losmaak, omdat hy nie meer langer homself met die NG Kerk en die interne verskille kan en wil assosieer nie. Nooit het ek gedink dat ek so ’n gesprek met iemand sal hê nie.
Die telefoniese gesprek ontaard in ’n koppie koffie waar ons gesels oor die uitdagings binne die kerk en die wêreld. Hy laat vir my ’n oomblik toe om in sy wêreld te kom en hy vertel vir my sy lewensverhaal en hoe hy, sy man ontmoet het. Hy vertel my ook hoe hy die afgelope jare binne die NG kerk seer gekry het, omdat hy homoseksueel is. Voordat ek my kon keer vra ek omverskoning namens die kerk, leraars en kerkgangers, wat die man op die punt gebring het, waar hy tans is.

Ek het ’n emosie binne-in my wat ek nie kan beskryf nie. Ek het woorde, wat ek nie kan uitdruk nie. Vriende, kolegas, broers en susters, waarmee is ons besig? Hoe het ons op dié punt gekom waar ons kinders van die Here uit Sy kerk dryf? Hou asseblief op! Ons moet kyk wat ons sê en hoe ons dit sê.

Nooit van tevore het ek as ’n 29-jarige man gedink dat ek “jammer” gaan sê namens ander nie. Die man het die omverskoning nie van my verwag of vereis nie, maar ek wou dit vir hom gee. Dalk, net dalk beleef hy iets van die Here Jesus Christus se genade en nederigheid. Dalk, maar net dalk laat dit ’n opening in hierdie man se geestelike deur wat iemand anders volkome kan oopmaak onder leiding van die Heilige Gees.

Watter beeld straal ons vir die wêreld uit? Watter gesprekke, debatte, besluite en verklarings voer ons tans uit, waar die volgende generasie kerkgangers en bedienaars ook omverskoning gaan moet vra?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top