Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 31 Desember 2019
Missie: “As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing.”
Die kerkraad van die NG Kerk Nelspruit wag tans aansoeke in met die doel om die vakante medeleraarspos te vul.
Gemeenteprofiel: [WAAR VERHOUDINGS DIE VERSKIL MAAK]
Die NG Kerk Nelspruit was die eerste gemeente in ’n tans snel groeiende Nelspruit. Die kerkgeboue, geleë in die middestad, met gemeentelede waarvan meer as 80% buite die tradisionele kerkgrense bly. Die gemiddelde ouderdom van lidmate is 37 jaar. Die gemeente het ongeveer 1 500 belydende en 500 dooplidmate. Die gemeente beskik oor drie leraarsposte wat mekaar op verskeie terreine aanvul. Die werk word onderling verdeel na gelang van hulle gawes.
Een van die leraarsposte is sedert 1 Oktober 2019 vakant.
Ons bedieninge fokus onder andere op …
- ’n Verhoudingsgemeente wat funksioneer volgens die liggaamsmodel.
- Die gemeente het ’n sterk fokus op verskeie groepe (Bv klein en dissipelskap) waar lidmate kan behoort en groei.
- Die erediens is baie belangrik as plek van aanbidding wat ondersteun word deur ’n spesiale lof- en aanbiddingsaanslag.
- Jeugbediening: Jong volwassenes; Tiener; Kinder- en Kleuter kerk.
- Gebedsbediening: ’n Biddende gemeente waar die krag van gebed baie belangrik geag word.
- Die versorg en uitbou van die bedieninge aan die gemeenskap, is vir die gemeente ’n prioriteit.
Posprofiel:
- Liturgies vernuwend, leiding neem binne verskillende spiritualiteite.
- Jeugbediening met fokusarea vir 3-12-jariges.
- Versorging van senior lidmate van die gemeente, in samewerking met die leraarspan.
- Verantwoordelik vir alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
Leraarsprofiel:
- ’n Passie vir die pastorale versorging van die gemeente.
- Die ideale kandidaat moet verkieslik oor tussen 5 en 10 jaar bedieningsondervinding beskik.
- Die handhaaf en uitbou van goeie menseverhoudinge.
- Moet in spanverband kan werk deur in die gemeente spanne te kan saamstel, toerus en uitbou.
- Gelegitimeerd in die NG Kerk. Verskaf asseblief u ABR-registrasienommer.
- Beskik oor goeie selfbestuurs- en beplanningsvaardighede.
Vergoeding:
Volgens sinodale riglyne. Die gemeente maak voorsiening vir behuising.
Aansoek:
Aansoeke geskied deur middel van u CV (nie langer as vier bladsye nie), met ’n dekbrief waarin die motivering vir die aansoek uiteengesit word, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente.
Aansoeke moet gerig word aan die Uitvoerende Beampte, NG Kerk Nelspruit.
Per e-pos: ub@ngknelspruit.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n gestruktureerde keuringsproses.
Sluitingsdatum van aansoeke: 31 Desember 2019.
Diensaanvaarding: 1 April 2020 of so gou doenlik.
Navrae kan gerig word aan die Uitvoerende Beampte: Tobie Kloppers. Sel: 082 574 6332. E-pos: ub@ngknelspruit.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
