Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
In biddende afhanklikheid van die Here stel ons die volgende vakature bekend:
Voltydse medeleraarspos (met fokus op Jeug)
SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2020
OMGEWINGSPROFIEL
Secunda is ’n snelgroeiende omgewing ongeveer 70 minute vanaf Johannesburg. Hier is drie NG Kerke, ’n groot besigheidsentrum, ses laerskole, drie hoërskole en ’n goeie hospitaal in die omgewing. Die atmosfeer in die dorp is vriendelik, uitgaande en die mense is betrokke in die gemeenskap.
GEMEENTEPROFIEL
Secunda-Oos-gemeente is ’n semi-stedelike gemeente met twee leraarsposte. Die volle spektrum van gemeentebediening word op ’n gemaklike manier uitgeleef, sodat ons visie “Liefde vir God, mekaar en die wêreld” nagestreef kan word.
.
PROFIEL VAN KANDIDAAT
’n Entoesiastiese en meelewende jong proponent/leraar wat gemaklik met jongmense kan identifiseer en ’n jong, dinamiese omgewing as ’n uitdaging sien. Die leraar moet vernuwend kan dink oor gemeentewees en effektief in ’n span kan funksioneer. Pligte word met die persoon onderhandel en Artikel 9 van die Kerkorde is ’n riglyn.
VERGOEDINGSPAKKET
’n Kompeterende pakket sal met die kandidaat onderhandel word met die sinodale skaal as ’n riglyn. Behuising en byvoordele ingesluit.
AANSOEKE
Kontak die kerkkantoor vir ’n vraelys wat saam met u aansoek en verkorte CV ingedien word by:
Faks: 086 624 0609 of e-pos: mwsecoos@mweb.co.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2020.
DIENSAANVAARDING: So gou as moontlik.
NAVRAE
- Kerkkantoor: Melanie de Villiers (017 634 7518) Kantoorure: Ma-Vr 08:00-12:00
- Gemeentebestuurder: Marius Neethling – 082 371 6584
- Leraar: Dr Hannes Reinecke – 082 578 5155
