Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gebed vir Kersfees

Dankie, Here, dat U gekies het om uit ’n vrou,
as mens, soos ons die wêreld binne te kom.
Dankie dat U, soos ons, ’n kind was en alledaagse dinge gedoen het
sodat niks meer alledaags kan wees nie.
Ons ontvang U in die krip as ons koning,
die Een wat ons kom red en heelmaak het.
Mag ons optrede teenoor kinders in die wêreld
staan in die teken van u koninkryk
waar die kleinste groot is en die laaste eerste,
waar ons dien en liefhet.
Dankie dat ons weet U wil ’n wêreld vol harmonie
en sonder geweld.
Vir ons, altyd vir ons, is ’n Kind gegee.
Dankie.

 

* Boodskap vir Vandag: Hierdie boodskap is oorspronklik HIER gepubliseer.


Het jy behoefte aan stiltetyd, maar sukkel soms om tyd te maak of vind te midde van al die sosiale verpligtinge van ‘n besige vakansietyd vol vriende en familie? Dalk kan dié app jou help om bietjie nader aan God se Woord te kom. Boodskap vir Vandag gaan reeds elke weeksdag uit na duisende nuusbrief-intekenaars en is nou ook in ʼn app-formaat beskikbaar vir Android-foongebruikers.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top