Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakante pos: Junior Video-joernalis
Aansoeke sluit: 24 Januarie 2020
Bybel-Media is op soek na ’n visuele storieverteller met uitstekende kamera- en video-redigeringsvaardighede om deel te word van ’n digitale spiltafel (“hub”) in ’n innoverende Christelike media-maatskappy. Die suksesvolle kandidaat sal ’n oog vir ’n storie en ’n hart vir mense en die Kerk hê en teen hoë tempo oorspronklike digitale inhoud kan skep.
Hoofdoel van die pos
Die groei en bestuur van Bybel-Media se digitale gehore op ’n verskeidenheid video-platforms.
Verdere doelwitte
- Om ’n video-ontwikkelings hulpbron te wees vir Bybel-Media se Fondswerwing-afdeling, bemarkingspan asook die redaksie verantwoordelik vir die publikasie van Kerkbode, LiG en ander afdelings van die organisasie.
- Om lesersgegenereerde inhoud asook gepaste argiefmateriaal te herverpak en aan te pas met kennis van industriestandaarde, kopiereg-bepalings en hergebruikvoorwaardes.
Die rol vereis
- Ervaring in die veld van video-joernalistiek of multimedia-verslaggewing
- Uitstekende videovaardighede:
- Videografie (Portefeulje / “Showreel” moet verskaf word met WeTransfer)
- Video-redigering: Adobe Premiere Pro (verkieslik) – Portefeulje / “Showreel” moet verskaf word met WeTransfer
- Joernalistieke opleiding by ’n tersiêre instelling is ʼn sterk bonus
- Die kapasiteit om ’n groeiende video-argief te orden en in stand te hou
- ’n Begrip vir joernalistieke beginsels van akkuraatheid en lesersgerigtheid
- Die vermoë om in spanverband te werk – onder druk van spertye
- Uitstekende kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans
- ’n Geldige bestuurslisensie
Kandidate wat ook vertroud is met ander foto-redigeringsagteware (Adobe Suite) en basiese grafiese ontwerpsvaardighede sal voorkeur geniet. Hierdie pos is gebaseer in Wellington in die Wes-Kaap en salaris is onderhandelbaar tot R16 000 per maand op jaarkontrakgrondslag.
As jy dink jy is die geskikte kandidaat vir hierdie pos, stuur asseblief jou CV aan Adèle Lombaard by adele@bmedia.co.za
Aansoeke sluit: 24 Januarie 2020.
Navrae: Adèle Lombaard tel 021 864 8219, e-pos adele@bmedia.co.za
Die maatskappy behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke ontvang te maak nie.
