Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 12 Maart 2020
GEMEENTEPROFIEL
Bethlehem-Oos is ’n dinamiese gemeente in die Oos-Vrystaat. Tans word 899 lidmate waarvan 183 dooplidmate is, bedien. Die gemeente funksioneer sterk vanuit die eredienste met die fokus op lof en aanbidding. Hierdie is ’n volwaardige/selfstandige medeleraarspos. Bethlehem beskik oor ongelooflike skole sowel as baie goeie mediese fasiliteite (MediClinic/Corona).
LERAARSPROFIEL
- ’n Passie vir die Here, sy koninkryk en kerk met spesifieke fokus om die jeug te inspireer, te mobiliseer en toe te rus.
- Teologies-verantwoordbaar en ’n dinamiese prediker.
- Meewerk aan die uitbou van die gemeente se roeping en die jeug kan bemagtig.
- 35 jaar of jonger, maar dit sal nie die aansoek beïnvloed nie.
VERANTWOORDELIKHEDE
- Die jeug wissel van 0 tot 35 jaar. Verantwoordelikhede sal insluit die kinderkerk, kategese vir laer- en hoëskoolkinders en naskoolse bediening aan jong volwassenes.
- ’n Aangename persoonlikheid wat goed in spanverband kan saamwerk en goeie verhoudinge nastreef.
- Moet musiekbediening kan uitbrei en die speel van ’n instrument sal voorkeur geniet.
- Die ontwikkeling van ’n familiebediening waar die totale gesin belangrik is.
- Die uitbou van jong volwasse omgeegroepe en jonger mense.
- Die ontwerp en implementering van volhoubare strukture waarbinne die jeugbediening kan plaasvind.
- Optimale kontak met skole in Bethlehem ten einde goeie verhoudinge asook netwerke tussen die gemeente en skole te vestig en uit te brei.
- Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat alle ampspligte sal nakom soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn.
- Iemand wat verhoudings kan bou met lidmate.
VERGOEDING
- Onderhandelbaar met die sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie is beskikbaar. (Behuising kan bespreek word).
DIENSAANVAARDING
- 1 September 2020 of soos ooreengekom.
AANSOEKPROSES
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien:
- ’n CV (nie langer as drie bladsye nie).
- Kontakbesonderhede van vier referente.
- Motivering vir u aansoek vir die pos (halwe bladsy).
- ’n Onlangse foto van uself/gesin/familiefoto.
- ’n Afskrif van u ID.
- ’n Psigometriese toets sal aangevra word (indien oor een beskik – voorsien asb).
- Navrae moet asb aan die kerkkantoor gerig word – Vir aandag: Voorsitter van Leiersgroep.
Alta Smit – 058 303 4583 (Sakebestuurder).
Abraham van Heerden 082 740 2404 (Voorsitter).
E-pos: skriba@ngkoos.co.za
Adres: Posbus 497, Bethlehem 9700
SLUITINGSDATUM: 12 Maart 2020.
- Kandidaat moet tot ’n onderhoud bereid wees soos met hom/haar gereël.
Die leiersgroep behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
