Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
Lynnwood-gemeente stel met opgewondenheid ’n vakature vir ’n voltyds-onbepaalde predikantspos bekend. Hoewel daar ’n spesifieke vakature ontstaan het, het die kerkraad besluit om ’n oop proses te volg ten opsigte van die vakature. Dit beteken dat die kerkraad, in die lig van die aansoeke wat ontvang word, bereid is om nuut te dink oor die wyse waarop die bediening in Lynnwood-gemeente gestruktureer word. Ons versoek gevolglik alle belangstellendes om ’n aansoek te stuur na kerkkantoor@nglynnwood.co.za
Die aansoek moet naas ’n volledige CV ook die aansoeker se opvatting oor die volgende sake bevat:
- Die gawes en vaardighede wat jy na die bediening in Lynnwood-gemeente sal bring.
- Die bedieningsterreine waar jy graag ’n bydrae wil maak.
- ’n Tipering van jou teologie.
- Jou kerkbegrip.
- Jou bedieningsbenadering.
Aansoeke kan tot 29 Februarie 2020 ingedien word.
Die aanvangsdatum van die beroepene sal met diegene wat die kortlys haal, onderhandel word.
Die sinodale riglyne sal as vertrekpunt gebruik word om die vergoedingspakket te bepaal. ’n Pastorie is beskikbaar, maar ’n huissubsidie word as ’n alternatief aangebied.
Navrae in verband met die pos kan gerig word aan Eric Scholtz. E-pos: erics@mweb.co.za of sel: 082 856 5959.
Die kerkraad van Lynnwood-gemeente behou homself die reg voor om nie te beroep nie.
