Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bybel-Media

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Fondswerwing: Administratiewe beampte
Sluitingsdatum: 24 Januarie 2020


Bybel-Media is op soek na ’n persoon met sterk administratiewe vaardighede om alle kantooradministrasie te behartig in die Fondswerwing afdeling. Die verantwoordelikhede sluit in die ontwikkeling en byhou van ʼn donateur databasis, koördinering van fondswerwingprojekte, kommunikasie met donateurs, opdatering en administrasie van debietorderbesonderhede, skakeling met die bank oor onbetaalde debietorders, berekening van kommissie en die administrasie van fondswerwers se werksaamhede.

Die persoon moet beskik oor uitstekende administratiewe vaardighede en gemaklik wees om met databasisse en stelsels te werk. Hy/sy het uitstekende rekenaarvaardighede in Word, Excell, Powerpoint en Outlook en beskik oor uitstekende epos, telefoon en ander kommunikasie vaardighede.

Hoofdoel van die pos

Die administratiewe ontwikkeling en bestuur van Bybel-Media se donateurbasis en fondswerwers en om die donateurdatabasis te bestuur sowel as die maandelikse debietorders.

Verdere doelwitte

  • Om fondswerwingsprojekte te ontwikkel en uit te voer
  • Daaglikse telefoniese en e-pos-skakeling met donateurs
  • Skryf van verslae oor fondswerwingsprojekte
  • Hou van noukeurige rekords van die verloop en sukses van fondswerwingsprojekte
  • Bestuur en afhandeling van digitale fondswerwingsprojekte

Die rol vereis 

  • Werkervaring in die gebruik van databasisse en kantooradministrasie
  • Kreatiwiteit in die ontwikkeling en uitleg van pamflette en nuusbriewe
  • Georganiseerd en sistematiese werkswyses
  • In staat om baie goeie liasseringsisteme te ontwikkel en in stand te hou
  • Digitale vaardigheid
  • Skakeling met die bank indien nodig
  • Gemaklik met e-pos en telefoon
  • Kan bankstate interpreteer en kommissiestate uitwerk
  • Die vermoë om in spanverband te werk – onder druk van spertye
  • Uitstekende kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans

Kandidate wat sterk administratief georiënteerd is met bank of finansiële agtergrond en gemaklik is om met detail te werk sal voorkeur geniet.

Hierdie pos is gebaseer in Wellington in die Wes-Kaap en die salaris is onderhandelbaar.

As jy dink dat jy die geskikte kandidaat is vir hierdie pos, stuur asseblief jou CV na Antoinette van Wyk by avanwyk@bmedia.co.za voor 24 Januarie 2020.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.