Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 31 Maart 2020
Eendrag se gemeentevisie vertel wat ons is en wat ons al meer wil wees: God is ons rots, daarom sal strome lewende water uit ons binneste vloei. Ons is oortuig dat die Here ons roep om ’n verskil te maak in ons gemeente, gemeenskap en die wêreld waarin God ons geplaas het.
Ons verklaar onbeskaamd dat die Bybel die enigste onfeilbare Woord van God is. Ons gereformeerde belydenis, tradisie en spiritualiteit is vir ons ononderhandelbaar. Ons gemeente as liggaam van Christus is vir ons van groot waarde en belang, maar die koninkryk van God geniet in alles voorrang.
Gemeenteprofiel:
- Despatch is deel van Nelson Mandela Metropool.
- Eendrag het 1 100 belydende en 300 dooplidmate.
- Die gemeente het verskeie bedienings wat almal ook ’n koninkryksgerigtheid het.
- Die gemeente het ’n kleuterskool wat onafhanklik funksioneer, sowel as ’n behuisings-oord vir bejaardes en ’n lewensregkompleks onder beheer van die kerkraad.
- Die gemeente is in die proses van die vestiging van verskeie volhoubare entrepeneursprojekte wat sekere behoeftes binne die gemeenskap aanspreek.
- Despatch beskik oor goeie laerskole en ’n hoërskool.
Leraarsprofiel:
- Die leraar moet oor volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk beskik.
- Die leraar moet bereid wees, en hom/haar daartoe verbind, om tot heil van die gemeente en tot eer van God, saam met die huidige leraar te werk.
Vergoeding:
- Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.
- Pastorie met toelae vir water en krag word voorsien.
Aansoeke:
- Stuur aansoeke na Pre-advieskommissie: admin@ngeendrag.co.za
• Help ons in die aansoek om jou beter te leer ken en veral waarom jy dink dit vir Eendrag goed sal wees om jou as leraar te hê.
• Kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word met die oog op persoonlike gesprekke en preekgeleenthede.
Navrae:
- Ds André Lötter: 041 933 2643 of 084 371 3882.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2020.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit die aansoeke uit te bring of ’n aanstelling te maak nie.
