Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Goedgegun

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 22 Februarie 2020


In biddende afhanklikheid nooi die gemeente Goedgegun leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.

GEMEENTEPROFIEL:

Goedgegun-gemeente bestaan uit vier preekpunte: Manzini met ongeveer 32 besoekpunte, Nhlangano met 7, Big Bend met 12 en Mosambiek met 10. Goedgegun is die enigste Afrikaanse kerk in Eswatini. Die gevolg is dat ’n aantal mense wat lidmate is van ander denominasies by ons inskakel.

Die verskillende preekpunte word elke derde Sondag om die beurt bedien deur die predikant wat gestasioneer is in Manzini. By Manzini is gewoonlik elke Sondag ’n diens. Besoekende leraars preek by Manzini op die twee Sondae per siklus wat die plaaslike leraar by die ander punte diens doen. Oggenddienste vind plaas teen 09:00 by eersgenoemde drie punte. Op Manzini/Big Bend se Sondag reis die predikant na die diens na Namaacha/Goba omgewing in Mosambiek waar die diens plaasvind teen 12:00 die middag. Verdere kontak met die groepe by Manzini, Nhlangano en Big Bend word gemaak deur Bybelstudies.

LERAARSPROFIEL:

  • ’n Evangeliese leraar, wat lief is vir die Here en omgee vir mense.
  • ’n Leraar vir wie gebed belangrik is.
  • Meelewing met aktiwiteite van die gemeentelede.
  • Gemaklik wees met lidmate van alle ouderdomme.
  • Administratiewe vaardighede sal ’n aanbeveling wees.
  • Die vermoë om te help met instandhouding sal ’n aanbeveling wees.
  • Die leraar moet bereid wees om saans te reis na afloop van Bybelstudies.

POSBESKRYWING:

  • Hierdie pos is vir ’n driejaartermyn.
  • Indien dit tot die voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn verleng word.

VERGOEDING:

  • Vergoeding is onderhandelbaar.
  • ’n Ruim pastorie word voorsien.
  • Gemeentevoertuig word voorsien.

AANSOEKE:

  • Stuur ’n kort aansoek met CV (totaal 3-4 bladsye). Sê kortliks hoekom jy aansoek doen vir die pos.
  • Kontakbesonderhede van drie verwysings.
  • Kandidate mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad, e-pos: nggoedgegun@swazi.net

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 22 Februarie 2020.

NAVRAE:

  • Jozua Scheepers: 00268 76025930.
  • Eddie Joubert: 00268 76036536.
  • Hannes Bouwer: 00268 76027705.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.