Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Clarens

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG gemeente Clarens wag in afhanklikheid aansoeke in
vir die onderstaande pos:

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum 30 April 2020


Gemeenteprofiel:

Clarens is ’n klein plattelandse dorp in die Oos-Vrystaat. Die gemeente bestaan uit 210 belydende en 25 dooplidmate wat in vier dorpswyke en vier plaaswyke ingedeel is. Clarens-gemeente is ’n aktiewe gemeenskap en die kerk voorsien in baie aspekte na die noodsaaklike behoeftes van die hele Clarens. Lidmate speel ook ’n ankerrol in die gemeenskap wat saamwerk met ander kerke, skole en instansies.

Leraarsprofiel:

  • ’n Dinamiese leraar van die NG Kerk of ’n proponent is welkom om aansoek te doen.
    • ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
    • In staat is om deur volwasse leierskap, gemeenteleiers te vestig en te versterk en die gemeente daardeur verder op te bou.
    • Gebruik kan maak van visuele media en rekenaartegnologie tydens eredienste.

Pligte:

  • Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeenskap en die ring.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied.
  • Die volledige vergoedingspakket, wat ’n ruim pastorie insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Aansoek:

Aansoekers word versoek om ’n volledige CV met persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: clarensngkerk@gmail.com
Kandidate mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.

Sluitingsdatum 30 April 2020.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik. Die omstandighede van die suksesvolle aansoe­ker sal in gedagte gehou word.

Vir enige navrae kontak: Swannie Swanepoel 082 533 4849.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.