Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Sutherland

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar, vir termynpos van 2 jaar
Sluitingsdatum: 5 Maart 2020


In biddende afhanklikheid nooi die NG gemeente Sutherland alle gelegitimeerde proponente, predikante en emeritusleraars uit om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

’n Rustige landelike atmosfeer. Sutherland is geleë op die Roggeveldplato in die Noord-Kaap, maar skakel kerklik by die Wes-Kaap in. Dit is ’n klein dorpie waar die ekonomie hoofsaaklik uit skaapboerdery bestaan. Die gemeente is gestig in 1855 en is verdeel in vyf dorpswyke en ses plaaswyke. Daar is tans 295 belydende en 32 dooplidmate in die gemeente. Die meerderheid lidmate is bo die ouderdom van 50 jaar.

Leraarsprofiel:

Die suksesvolle kandidaat moet gelegitimeerd wees in die NG Kerk, op die platteland kan aanpas en goeie verhoudings kan bou met jong sowel as ouer mense. Hy of sy moet ’n goeie spanwerker wees met leierseienskappe. Huisbesoek en pastorale besoeke is ’n prioriteit. Die leraar moet ’n aanvoeling hê vir vernuwende en Woordgetroue prediking.
Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

Onderhandelbare salaris volgens sinodale beginskale, 42 dae verlof en gratis gemeubileerde pastorie, elektrisiteit, water, telefoon en internetdienste. Die kerkraad kan ’n perk plaas op die gratis dienste. Die gemeente stel ’n voertuig beskikbaar, vir gemeentelike werk en betaal vir die onderhoud en brandstof.

Aansoeke:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV en kontakbesonderhede van twee referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt, wat op die onkoste van die gemeente sal geskied.
Rig aansoeke aan: Die kerkraad: e-pos: ngksutherland@roggeveld.co.za

Sluitingsdatum: 5 Maart 2020 vir diensaanvaarding na 1 April 2020.

Navrae: Arrie Shepherd – Tel: 023 571 1043: Sel 084 619 6229
Marguerite Jordaan – 023 004 1037. Sel 073 230 2020

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.