Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Durbanville

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 15 Maart 2020


Durbanville Gemeente se roeping is:
Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld.

Ons oefen hierdie roeping in deur die geloofsgewoontes:

  1. Bid saam (Dissipelskap)
  2. Eet saam (Koinonia)
  3. Dien saam (Diensbaarheid)

Predikant se profiel:

Met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, word die volgende fokusse verlang in hierdie pos:

1. Bid saam

’n Predikant wie se preke en geestelike begeleiding goeie teologiese begronding, kontekstuele relevansie en geestelike diepte het, wat getuig van ’n deurleefde spiritualiteit.

2. Eet saam

Iemand met ’n pastorale hart wat met gasvryheid mense kan intrek in die lewe van die gemeente, wat met deernis en aanvoeling mense kan bystaan in tye van nood en wat as brugbouer die onderlinge versorging onder diverse lidmate kan help fasiliteer.

3. Dien saam

’n Dienskneg wat lidmate se gawes raaksien, hulle passie aanspoor en hulle bemagtig om hul Godgegewe roeping binne die gemeente en gemeenskap uit te leef.

Die geskikte kandidaat moet genoegsame bedieningservaring in hierdie terreine hê en dit kan uitoefen binne ’n kollegaspan wat met ’n filosofie van spanleierskap werk.

Vergoeding:

Salaris volgens die sinodale skaal vir predikante. ’n Pastorie is beskikbaar.

Aansoeke:

Stuur ’n CV met drie verwysings, asook ’n motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, vir Jackie Pretorius by jackie@durbanvillegemeente.co.za

Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees, indien so versoek word. Kandidate moet op versoek ’n digitale kopie van ’n preek wat in ’n erediens opgeneem is, kan aanstuur.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2020.

Navrae:

Dr Tinus van Zyl: tinusvz@durbanvillegemeente.co.za / 083 289 4985.
Ds Wynand Breytenbach: wynand@durbanvillegemeente.co.za / 071 640 9797.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.