Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rant en Dal Prisma

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar. Fokus: Jeug- en Gesinsbediening
Sluitingsdatum: 23 Maart 2020


Gemeenteprofiel:

Rant en Dal Prisma is ’n voorstedelike gemeente in Krugersdorp met ongeveer 1 300 lidmate, wat bestaan uit 1 000 belydende en 300 dooplidmate. Die gemeente is dinamies, het ’n informele bedieningstyl en stel ’n groot prys op die bediening van jongmense en hulle gesinne. Die gemeente het twee leraarsposte, waarvan een tans vakant is.

Leraarsprofiel:

  • Moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
  • Effektief binne die leefwêreld van jongmense en hulle ouers kan bedien.
  • Die geskikte kandidaat moet goed in spanverband kan saamwerk, energiek, kreatief en vernuwend kan dink.
  • Die persoon sal benewens die normale pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde spesiaal fokus op jeug- en gesinsbediening.

Vergoeding:

  • Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.
  • Normale voordele en toelaes.

Aansoeke:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as vier bladsye nie, asook ’n vraelys wat beskikbaar is op aanvraag by die kerkkantoor.
  • Aansoeke en vraelyste kan gestuur word na admin@rantendalprisma.co.za en moet die kerkkantoor bereik teen 23 Maart 2020.
  • Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om twee preekgeleenthede waar te neem op dieselfde dag (oggend en aand).

Navrae:


Die bestuursraad van NG gemeente Rant en Dal Prisma behou die reg voor om
geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.