Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Loeriesfontein

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Maart 2020


Met erkenning aan God as die Hoof van ons gemeente nooi NG gemeente Loeriesfontein alle gelegitimeerde proponente, predikante en emeriti uit om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

Loeriesfontein is ’n plattelandse dorp met sy eie unieke karakter, geleë met een voet in die Hantam en die ander in die Boesmanland. In die Noord-Kaap-provinsie, maar skakel kerklik in by die Wes-Kaap. Hoofsaaklik aangewese op ekstensiewe boerdery, het die gemeente die afgelope paar jaar deur ’n ernstige droogte gegaan, maar die toevoeging van ’n hernubare energieplaas in die omgewing het verhoogde werkverskaffing tot gevolg gehad. Normale reënjare besorg aan die dorp ’n ontploffing van blommeprag in die lente wanneer ons jaarlikse gemeentebasaar gehou word. Die gemeente is gestig in 1935 en is verdeel in dorps- en plaaswyke. Daar is tans 234 belydende en 54 dooplidmate in die gemeente. Die meerderheid lidmate is bo die ouderdom van 50 jaar.

Leraarsprofiel:

Die applikant moet gelegitimeer wees in die NG Kerk. Die persoon moet aanpasbaar wees op die platteland en kan inskakel by alle ouderdomsgroepe. Hy/sy moet kan saamwerk in groepsverband, maar ook outonoom kan funksioneer. Huisbesoek en pastorale versor­ging moet voorrang geniet. Die leraar moet innoverend wees in sy/haar hantering van die eredienste, maar nogtans Woordgetrou wees in sy/haar prediking. Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

Onderhandelbare salaris volgens sinodale skale, 42 dae verlof en gratis pastorie, elektrisiteit, water, telefoon en internetdienste. Die kerkraad behou die reg voor om ’n maksimum perk te stel. Volgens diskresie kan die kerkraad onderhandel tov ’n vervoertoelaag of beskikbaarstelling van ’n voertuig.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad, NG gemeente Loeriesfontein, e-pos: ngloerie@hantam.co.za

Sluitingsdatum: 31 Maart 2020.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Navrae:

Alwyn Müller: 027 662 1074/65 na ure: 027 662 1091.
Dokkie Lintvelt: 072 380 4183 slegs WhatsApp of 087 809 2800 na 17:00.


Die kerkraad behou die reg voor om geen of nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.