Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeentes Elandia en Meiringspark (Klerksdorp)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature vir ’n predikant in ’n deeltydse vastetermynpos
Sluitingsdatum: 27 Maart 2020


In biddende afhanklikheid van die Here stel die gekombineerde kerkraad van bogenoemde twee gemeentes hierdie vakature bekend.

Gemeenteprofiel:

Die twee buurgemeentes Elandia en Meiringspark lê aan die suidekant van Klerksdorp en is hoofsaaklik stadsgemeentes. Die gemeentes is in kombinasie, volgens Reglement 23 van die Kerkorde (Algemene Sinode, 2015).

Gesamentlik het die twee gemeentes sowat 500 belydende en 90 dooplidmate. ’n Baie hoë persentasie van die lidmate is pensioentrekkers met sowat 55% van die belydende lidmate wat ouer as 60 jaar is.

Aangesien die kerkgeboue ongeveer 4 km van mekaar geleë is, word slegs een diens per Sondag gehou, met eredienste wat op ’n maandbasis roteer tussen die twee kerkgeboue.

Predikantsprofiel: Die geskikte kandidaat moet:

  • ’n Lewende verhouding met God hê.
  • ’n Passie hê vir die erediens en bediening van die Woord.
  • Bekend wees vir sy/haar leierskap, menseverhoudinge en sosiale vaardighede.
  • Moet bereid wees om binne die raamwerk van Artikel 9 van die Kerkorde te werk.
  • Moet iemand wees wat ’n besondere aanvoeling vir bejaardes het, maar moet ook die jeug kan bereik en aantrek.
  • Moet iemand wees wat strategies kan dink. Die gemeentes sal heel waarskynlik oor ’n paar jaar een moet word of saamsmelt en hy/sy sal hulle daarin moet begelei.
  • Goeie gesondheid geniet.

Posvereistes:

Die pligte van ’n predikant word bepaal deur Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en byvoordele:

Die pakket is onderhandelbaar tot ’n maksimum van R25 000 per maand. Hierdie pakket sluit medies, pensioen, motortoelaag en telefoonkoste in. Daarbenewens word gratis huisvesting en munisipale dienste aangebied.

Die predikant sal in ’n deeltydse pos aangestel word. Dit sal bepaal word deur die verhou­ding van R25 000 tot die volle traktement waarop hy/sy geregtig is, volgens die traktementskaal van die Algemene Sinode.

Aansoeke:

Belangstellende predikante, proponente en emeriti word genooi om hulle verkorte CV (nie langer as vier bladsye nie) met kontakbesonderhede en drie referente, te stuur na: jamulder@telkomsa.net

Ontvangs sal erken word en onderhoude sal met kandidate op ’n kortlys gevoer word, wat dan ook gevra sal word om ’n erediens waar te neem op koste van die gemeente.

Sluitingsdatum: 27 Maart 2020.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik.

Dienstermyn: Drie jaar (met wedersydse verlenging indien verkies).

Navrae:

Oudl André Mulder, sel: 076 330 7239.
Ds Con Maritz (Konsulent), sel: 083 673 8591.


Die gekombineerde kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.