“Catch it, Bin it, Kill it, Do not touch your face …”
Só klink van die gesondheids-‘gebooie’ wat aan kerkgangers in die Verenigde Koninkryk (VK) voorgeskryf word te midde van die wêreldwye kommer oor die verspreiding van die koronavirus.
Die Church of England het gemeentes digitaal toegerus met inligting en wenke om te verhoed dat saamtrekke soos dié in kerkgeboue, waar lidmate onder meer bladskud en saam nagmaal gebruik, sou bydra tot die internasionale gesondheidskrisis.
Die verspreiding van die virus in die VK sal na verwagting “beduidend” wees, volgens berigte in die Britse media, met die sportkalender wat hierdie naweek veral onder die loep kom omdat die groot samekoms van mense in stadions veral hoë eise aan higiënebestuur stel.
Die Anglikaanse Kerk se klem val hoofsaaklik op goeie higiëne, maar sluit ook voorstelle in om, waar toepaslik, handskud te vermy en selfs huisbesoeke met pastorale oproepe te vervang.
“The best way of protecting us from spread is for everyone to use universal good hygiene, – this means everyone, all the time, which will effectively disrupt spread of the virus,” luidens die inligtingblad by www.churchofengland.org. “So display the public information poster attached, which states:
- Catch it – sneeze into a tissue
- Bin it – bin the tissue
- Kill it – wash your hands with soap and water
- Do not touch your face unless you’ve washed your hands
- Follow the good hand washing and gel use technique from the NHS website. You can also download a poster version.
Die tweede geval van die koronavirus is intussen Saterdag in Suid-Afrika bevestig, het Netwerk24 berig. Iran is, met sowat 4747 infeksie, een van die lande met die hoogste voorval van infeksies, naas China, het The Guardian op 7 Maart berig.
