Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Blouwaterbaai Familiekerk

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar (Onbepaalde termyn)
Sluitingsdatum: 8 April 2020


Die kerkraad van Blouwaterbaai Familiekerk wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir bostaande pos.

Gemeenteprofiel:

Blouwaterbaai Familiekerk is ’n liefdesgemeenskap wat vir Jesus dissipels maak. Ons is tans 35 doop- en 300 belydende lidmate. Blouwaterbaai is ’n voorstad van die vriendelike Port-Elizabeth. As gestuurde gemeente is dit ons fokus om die evangelie van Jesus se liefde aan al die mense in en om ons gemeenskap te bring.

Leraarsprofiel:

Die leraar het goeie kommunikasievaardighede (insluitend elektronies en digitaal), is liefdevol (leef die vrug van die Gees) en is sensitief vir die diverse behoeftes van mense van verskillende ouderdomme en kulture.

Pligte: Met Kerkorde Art 9 as basis, fokus die leraar op die volgende:

  • Rig eredienste in dat lidmate dit as egte liefdesgemeenskap ervaar.
  • Inspireer streekleiers en rus hulle toe om ons visie prakties uit te leef.
  • Lei ons gemeente tot ’n gemeenskapsgerigte bediening wat omgee vir mense in nood.

Vergoeding en voordele:

  • Die totale koste van indiensneming (TKVI) beloop R330 000,00 per jaar. Hierdie bedrag sluit salaris in, asook alle voordele volgens sinodale riglyne, ook telefoon en internet. Daarbenewens word huisvesting en munisipale dienste voorsien.
  • Die pakket word volgens behoefte en wetlike vereistes gestruktureer.

Aansoek:

Aansoek moet vergesel wees van ’n kort CV, met foto, en met die kontakbesonderhede van drie referente. E-pos asb u aansoeke na bwb@ngkok.co.za

Indien die kerkraad ’n onderhoud verlang moet die kandidaat daartoe beskikbaar wees.

Sluitingsdatum: 8 April 2020.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2020, of so gou moontlik daarna.

Navrae:

  • Dr Willie de Koker (brugpredikant), 083 446 4809.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.