Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Korona: ‘Álmal moet nou help’ – Ramaphosa

Die koronavirus skep ’n nasionale ramp wat minder menslike kontak maar ook méér medemenslikheid van ons gaan vereis, het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand in ’n regstreekse toespraak aan Suid-Afrikaners gesê.

“Dié wat hulpbronne het en gesond is moet behoeftiges en dié wat weerloos is, bystaan,” het Ramaphosa na die einde van ’n omvattende reaksie op die gesondheidsuitdaging wat vir die land voorlê, gesê.

Die aantal infeksies op eie bodem was teen Sondag 61, te midde van wêreldwye pogings om die virus se verspreiding te bekamp.

“Alle staatsinstellings sal gemobiliseer word om (die regering se reaksie) te lei, maar indien ons wil slaag, sal elke maatskappy, elke nieregeringsorganisasie, elke vakbond, universiteit, kollege, skool, taxi-vergeniging, godsdienstige organisasie, begrafnisondernemersorganisasie …ons almal sal ons deel moet doen,” het Ramaphosa gesê.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top