Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Helderberg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Kontemporêre aanbiddingsleier (“Worship leader”) (20 uur per week)
Sluitingsdatum: 29 Maart 2020


NG Gemeente Helderberg het tans ’n vakante pos vir ’n kontemporêre a­anbiddingsleier. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die kontemporêre musiekbedie­ning in vennootskap met die ander bedieninge. Sy/hy moet ’n ruimte en atmosfeer (deur sang en instrumentale begeleiding) kan skep sodat die gemeente ’n diep verbintenis met God kan beleef.

Kern fokusareas

  1. Vestiging, ontwikkeling, en skedulering van begeleidings-/aanbiddingsgroepe wat bestaan uit vrywillige gemeentelede.
  2. Bied by oefeninge bystand aan begeleidings-/aanbiddingsgroepe.
  3. Neem verantwoordelikheid vir die uitwerk van liturgieë vir die informele diens en die aanddiens saam met lidmate wat dit doen as vrywilligers.
  4. Uitbreiding van die liedere-keuselys vir die kontemporêre musiekbediening in samewerking met groeplede en lidmate.
  5. Neem verantwoordelikheid vir die kontemporêre musiek vir spesiale geleenthede soos Kerssangdienste, Pinkster ens in samewerking met lidmate wat liturgieë help opstel.
  6. Verteenwoordiger van musiekbediening by die aanbiddingsbestuur.
  7. Jaarlikse rapportering van liedere aan CCLI-kopieregmaatskappy deur middel van Worshipplanning se funksie daarvoor.
  8. Opdatering van databasis van liedere op Worshipplanning.

Kennis en vaardighede

  1. Bewese musiekvaardigheid en musikaliteit.
  2. Praktiese vaardigheid in minstens een musiekinstrument vir uitvoering sowel as begeleiding van gemeentesang.
  3. Vermoë om as musiekleier die gemeente in lofprysing en aanbidding te kan begelei tot ’n intieme ontmoeting met God.
  4.  ’n Toegewyde Christen wat sy/haar persoonlike verhouding met God uitleef.
  5. Toepaslike organisatoriese vaardighede.
  6. Goeie interpersoonlike verhoudings.
  7. Vermoë om in ’n span te werk en leiding te neem.
  8. Vermoë om volle verantwoordelikheid vir die organisering, verryking en uitbouing van die begeleidingsgroep te neem.
  9. Voortdurende begrip van tendense in die kontemporêre Christelike musiekgenre.
  10. Bladleesvaardighede, asook ʼn basiese kennis van musiekteorie is belangrik.
  11. Bogenoemde take stel ’n hoë premie op menseverhoudinge, aanvoeling vir liturgie en kennis van kontemporêre geestelike musiek.

Kwalifikasies en ondervinding

  1. Vorige ondervinding van begeleiding van gemeentesang in ’n kontemporêre musiekstyl sal ’n aanbeveling wees.
  2. ’n Toepaslike kwalifikasie in musiek sal ’n aanwins wees.

Sluitingsdatum: 29 Maart 2020.

Kontraktermyn: 1 Mei 2020 – 30 April 2021 (om hersien te word).

Vergoeding: TKV R75 000,00.

Oudisies en onderhoude: Maandag 6 April (aand) en Dinsdag 7 April (aand).

Aansoeke: Skriftelik met kort CV en twee referente aan marisa@nghelder.co.za
E-posnavrae: marisa@nghelder.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.