Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Magaliesberg Gesinskerk: NG Marikana

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 1 Mei 2020


Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van leraar.

GEMEENTEPROFIEL:

Die NG gemeente Magaliesberg Gesinskerk is ’n plattelandse gemeente geleë aan die Magaliesberge. Hierdie gemeente bedien die myndorp, Mooinooi, en die omliggende plaas- en plotgemeenskappe. Daar is ’n goeie laerskool op die dorp, en busvervoer is beskikbaar vir kinders na hoërskole in Rustenburg en Brits. Die gemeente se plek van aanbidding en kantore is geleë in die ATKV-oord Buffelspoort. Die gemeente bestaan uit 340 belydende en 78 dooplidmate.

KANDIDAAT:

Hierdie leraarspos word vir gelegitimeerdes van die NG Kerk aangebied.

Benewens Artikel 9 van die Kerkorde, is die volgende vereistes vir die kerkraad en gemeente van besonderse belang:

  •  Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die belydenisskrifte met die vermoë om aktueel en dinamies te preek vir alle ouderdomsgroepe.
  • Met die persoonlikheid en gawes om alle ouderdomsgroepe te bereik. Benewens ons ouer lidmate moet die kandidaat ook die gawe hê om te identifiseer en te werk met die jonger geslag onder ons lidmate, veral gesinne met kinders.
  • Die vermoë om binne ’n liggaamsmodel doeltreffend te dien. In die lig hiervan moet die
    kandidaat ’n deelnemende bestuurstyl hê.
  • Pastorale sorg en huisbesoeke sal hoë prioriteit geniet en sal in lyn met die missie en gemeentemodel van die gemeente met die kerkraad onderhandel word.
  • ’n Bereidheid om in te pas by die gemeente se missionale gerigtheid om hulp en hoop te bring binne die plaaslike gemeenskap.

Die gemeente se model vir die bediening van die gemeente is beskikbaar op aanvraag.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket word aangebied volgens sinodale riglyne tot ’n maksimum van skaal 8 en gebruiklike voordele. Die gemeente beskik nie oor ’n pastorie nie, maar ’n behu­i­singstoelaag word wel aangebied.

AANSOEKE:

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met minstens drie referente.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Mei 2020.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
  • Stuur aansoek aan: Die Voorsitter van die Pre-advieskommissie, ngmarikana@mweb.co.za
  • Navrae kan gerig word aan die Pre-adviesvoorsitter, Tjaart Barnard, sel: 082 808 0081 of Hendrik van Gass, sel: 082 553 0343.
  • Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik (of soos onderhandel).

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.