Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Onbepaaldetermynpos of voltydse vastetermynpos
Sluitingsdatum: 28 April 2020
Die kerkraad van NG gemeente Philipstown wag in afhanklikheid aansoeke in vir bostaande pos.
Gemeenteprofiel:
Philipstown is ’n klein plattelandse gemeente binne die Noord-Kaapland Sinode en die Ring van Hanover. Philipstown bestaan uit 120 belydende en 12 dooplidmate. Daar is ’n vennootskapsooreenkoms met die VGK-gemeente in plek om te help met die bediening van 85 lidmate en 40 kinders.
Leraarsprofiel:
Bedieningsgeleentheid volgens Artikel 9 van die Kerkorde. Iemand met ’n duidelike roeping vir die behoeftes van mense in die Bo-Karoo en platteland. ’n Hart om betrokke te raak in die gemeenskap en om saam met die gemeente die koninkryk sigbaar te maak.
Pligte:
Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal 1 as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
Aansoeke:
Belangstellendes word uitgenooi om ’n CV met hulle besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van twee referente te stuur aan: E-pos: ngkerkpht@gmail.com
Sluitingsdatum: 28 April 2020.
Navrae:
- Charmain van der Westhuizen, 072 033 7193.
- Danie Truter, 082 923 2254.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
