Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Umhlanga

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Mei 2020


Umhlanga gemeente gaan deur ’n seisoen van verandering
Sedert ons vorige advertensie in Oktober 2019, het ons senior leraar na bykans 24 jaar diens sy emeritaat ontvang en vroeër vanjaar het ons junior leraar onverwags bedank nadat haar man ’n werksgeleentheid in die buiteland aanvaar het en hulle dus emigreer.

Genoemde gebeure plaas ons gemeente in totaal nuwe omstandighede
Met nadere ondersoek, nadenke en baie gebed, het die gemeenteraad besluit om die twee voltydse poste te konsolideer in ’n enkele pos en stel ons dus die pos vir ’n voltydse leraar bekend.


Die NG gemeente Umhlanga se visie is om in Jesus se voetspore te volg. Dit beteken ons is ’n liefdesgemeenskap, ’n geloofsgemeenskap en ’n verkondigingsgemeenskap. Ons het God en ons naaste en die wêreld lief en ons glo in Jesus en in die almag van God. Ons verkondig Jesus se liefde en genade aan die wêreld. Ons waardes word bepaal deur die riglyn wat Jesus in Matteus 22 saamvat wanneer Hy leer dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself. Dit is ons droom dat elke lidmaat die vrug van die Gees sal dra soos dit in Galasiërs 5:22 beskryf word.

Gemeenteprofiel:

  • NG Umhlanga lê in die hart van Umhlanga. Umhlanga is ’n multikulturele en sterk diverse omgewing. Die gemeente is ’n dinamiese, vloeiende en voorstedelike gemeente, geleë in ’n omgewing van (oorwegend) Engelssprekende kerke aan die noordelike kus van Durban met ongeveer 490 belydende en 159 dooplidmate.
  • Die gemeente word tans deur een leraar bedien in ’n 25%-pos.
  • ’n Derde van die lidmate is ouer as 60 jaar en het ’n behoefte aan meer tradisionele eredienste, terwyl die jonger lidmate streef na vernuwing, terwyl hulle steeds met die suiwer Skrif in hulle moedertaal bedien wil word.
  • Ons orkes is bekend vir hulle musiek en in ons voorsang en erediens, sing ons Afrikaanse sowel as Engelse liedjies uit verskeie bundels. Ons orrel word ook van tyd tot tyd ingespan.
  • Daar is verskeie uitstekende hoër- en laerskole in die omgewing.

Leraarsprofiel:

Die gelegitimeerde predikant wat die Here in hierdie gemeente kom dien, het verkieslik tussen 12 en 15 jaar ondervinding en sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die ontwikkeling en implementering van ’n strategie wat meelewing, groei en betrokkenheid by die gemeente bevorder en uitbou.
  • Die ontwikkeling en implementering van jeugbedieningstrategieë met die doel om groei en ontwikkeling onder die jeug te bevorder.
  • Bou op die kommunikasiemiddele en bedieningskanale alreeds in plek, deur die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en te bevorder.
  • Kontak met lidmate in verskillende lewensfases en omstandighede besef en bereid is om met passie daaraan uitvoering te gee.
  • As sterk kommunikeerder dinamiese prediking en Woorduitlegging sal toepas vir die omstandighede van die dag.
    • As instrument in die hand van die Here in spanverband sal werk om God se doel vir hierdie gemeente te help uitvoer.

Vergoeding:

’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied. Die volledige vergoedingspakket, wat ’n behuisingsubsidie insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Aansoek:

Belangstellende leraars van die NG Kerk word uitgenooi om ’n volledige CV met persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: Die Voorsitter van die Gemeenteraad: Ettienne Thiebaut by: kantoor@ngumhlanga.co.za

  • ’n Aanvullende motivering moet die aansoek vergesel waarin aangedui word hoe die kandidaat met sy/haar besondere talente kan bydra tot die vernuwing en groei van die gemeente.
  • Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir ’n onderhoud en om moontlik ’n erediens binne die gemeente te lei.
  • ’n Onlangse foto van die aansoeker en sy/haar gesin is opsioneel, maar sal waardeer word.
  • Die Pre-advieskommissie behou die reg voor om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.

Sluitingsdatum: 31 Mei 2020.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2020 of so spoedig moontlik daarna.

Navrae:


Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.