Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Hoopstad

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 13 Mei 2020


Hoopstad gemeente stel met vreugde en vertroue op God die volgende medeleraars vakature bekend.

Gemeenteprofiel:

Hoopstad is ’n plattelandse gemeente in die Noordwes-Vrystaat met sowat 705 belydende en 201 dooplidmate. Hoopstad is ’n sterk boerderygemeenskap met saailande as die belangrikste deel van die boerdery. Ons het 19 wyke en sowat 416 besoekpunte, waarvan 68 by die tehuis vir bejaardes is. Die gemeente beskik ook oor die dienste van ’n voltydse getuieniswerker.

Droom en Visie:

Ons as gemeente glo dat ons op aarde geplaas is om hulp te verleën aan dié wat dit nodig het. Ons het vyf waardes waarvolgens ons alle werksaamhede inrig: Gemeenskap, Diensbaarheid, Aanbidding, Evangelisasie en Dissipelskap. Dit is ons droom om ons gemeente toe te rus om hulle gawes te gebruik in die gemeenskap om die koninkryk van God te vestig op aarde. Ons wil groei in ons verhouding met God, mekaar, en ander dat ons so daagliks God se missionale roeping kan uitleef.

Pligte:

Soos omskryf in die Kerkorde Artikel 9, met byvoeging van huisbesoek om die gemeente te leer ken.

Vergoeding:

Handel volgens die sinodale skale. Voorsiening word ook gemaak vir reiskoste, medies, pensioen en ander toelaes. ’n Ruim en doelmatige pastorie is ingesluit by die pakket.

Aansoeke:

Gelegitimeerde leraars kan ’n volledige CV per e-pos stuur gerig aan die kerkraad by ngkhoopstad@gmail.com
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig die vakature uit een van die genomineerdes te vul nie.

Sluitingsdatum: 13 Mei 2020.

Navrae:

Ds Johan Koen, 053 444 1515 of 082 393 2944 of koenj@yahoo.com
Die Sakebestuurder: Me Zibbie du Toit, 053 444 1058 of ngkhoopstad@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.