Besoek www.kieskerk.com om te luister na eredienste van meer as 100 gemeentes regoor die land op hierdie Palmsondag.
Hieronder publiseer ons ‘n gedig, wat Kerkbode-leser Mana Wessels vir ons gestuur het en by die HIERDIE skakel kan jy meer uitvind oor Bybel-Media se gewilde Aftelkalender wat lesers daaglikse geestelike begeleiding bied.
Intog
Fanfare palmblare
hosanna vir die Seun van God!
Hoe vreemd – ‘n hingsvul-esel met ‘n kleed daarop
eers as hy nader kom
sien jy op sy rug die kosbaar vrag
‘n stil figuur wat wag op geseling en druppels bloed
Jillend juigend
hier kom die Seun van God!
Hy ry die swaarkry willens tegemoet
heeltyd wetend
van Getsémane se lot…
Die intog word ‘n segetog
vir die swakste van die swakkes
vir sondaars sukkelaars
vir treurendes en dié wat ly
erfgenaam van Nasaret
ja, vir jou en my
Fanfare palmblare
oorwinnaars in die naam van God!
Die intog word ‘n segetog
van Goddelik’ heerskappy
die angel van die doderyk
is vir goed verby!
Geborg
