Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugwerker
Dienstermyn: Vastetermynkontrakpos vir een jaar
Sluitingsdatum: 30 Julie 2020
Die kerkraad van NG gemeente Roodekrans wag in afhanklikheid aansoeke in vir die bostaande pos.
Gemeenteprofiel:
Ons gemeente is ’n voorstedelike gemeente aan die Wesrand, in die Roodepoort-area.
Jeugwerkprofiel:
Moet ’n lewende verhouding met die Here hê en die begeerte om Hom te dien; moet ’n lidmaat van die NG Kerk wees; goeie verhoudings en liefde vir jongmense; ervaring van jeugwerk en ’n bereidheid om te leer en te groei; kan organiseer en beplan; die vermoë om in mentorskap en ’n span saam te werk; passievol en kreatief wees.
Pligte:
- Die administratiewe en logistieke reëlings van kampe, uitstappies, kategese, uitreike, jeuggroepe, ontwikkeling van ’n span vrywilligers en eredienste in samewerking met jeugbediening in die gemeente.
Vergoeding en voordele:
- ’n Mededingende vergoedingspakket sal aangebied word.
- Aansoeker moet beskik oor ’n geldige bestuurderslisensie met eie vervoer asook eie
akkommodasie.
Aansoek:
Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met drie referente se kontakbesonderhede.
CV’s moet vergesel word van ’n beskrywing van jou siening oor die rol van ’n jeugwerker en ’n kort beskrywing van jou sterkpunte en groei-areas.
Rig alle CV’s aan: helene@ngkroodekrans.co.za
Sluitingsdatum: 30 Julie 2020.
Diensaanvaarding: Datum sal nog bepaal word.
Navrae:
- Helene de Jager 011 768 1391/083 408 2132.
- Ds Roelof Minnaar 072 159 0402.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
