Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar-Onbepaalde termynpos / Vastetermynpos
Sluitingsdatum: Vrydag 14 Augustus 2020
Die kerkraad van die NG gemeente Amersfoort wag tans aansoeke in van gelegitimeerdes met bedieningsbevoedheid, met die oog op die vul van bogenoemde pos, wat heradverteer word.
GEMEENTEPROFIEL
Amersfoort is ’n klein plattelandse gemeenskap in Mpumalanga geleë op die N11 tussen Ermelo en Volksrust. Die gemeente is in 1867 gestig en bestaan uit dorps- en plaaswyke. Daar is tans 218 belydende en 24 dooplidmate in die gemeente.
LERAARSPROFIEL
Die suksesvolle kandidaad moet ’n gelegitimeerde wees in die NG Kerk, op die platteland kan aanpas en werk en goeie verhoudings kan bou met jong sowel as ouer mense. Hy of sy moet ’n goeie spanwerker wees met leiereienskappe. Huis- en pastorale besoeke is ’n prioriteit. Die leraar moet ’n aanvoeling hê vir vernuwende en woordgetroue prediking. Pligte moet uitgevoer word volgens Artikel 9 van die Kerkorde asook soos vervat in die ooreengekome diensooreenkoms.
VERGOEDING
Onderhandelbare pakket volgens sinodale riglyne tot maksimum kerf 6 insluitend mediese en pensioensubsidie, reiskoste, verlof, elektrisiteit, selfoon, internetsubsidie en gratis water en behuising.
AANSOEKE
Aansoeke moet vergesel wees van ’n kort CV en die kontakbesonderhede van drie referente. Indien die pre-advieskomitee ’n onderhoud verlang moet die kandidaad daartoe beskikbaar wees.
Rig aansoeke aan: Die Pre-Advieskomitee: e-pos: ngkamersfoort@gmail.com
Sluitingsdatum: Vrydag 14 Augustus 2020.
Diensaanvaarding is onderhandelbaar.
NAVRAE: Dr Kobus Gerber (Interimbegeleier) 082 895 5680; Helgaard Muller (Leierou-
derling) 082 857 6219; Elize Coetzer (Saakgelastigde) 084 512 9768.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.
