Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Bethal-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Aan God die eer!

Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 14 September 2020


Bethal-Oos stel met afwagting en opgewondenheid ’n vakature vir ’n voltydse leraar bekend.

Bethal is ’n plattelandse dorp op die Hoëveld van Mpumalanga. Hier is goeie skole, twee tuistes vir bejaardes en die nodige lewensfasiliteite.

Bethal-Oos is ’n stabiele en diverse gemeente waar almal welkom is, en uitstekende samewerking en ’n positiewe gees heers. Hier is ook talle uitdagings en geleenthede. Die gemeente funksioneer by wyse van ’n bekwame kerkraad en verskeie diensgroepe.

Ons leuse is: Aan God al die eer!

Dit is die hoofmotief van al ons bedrywighede.

Gelegitimeerde persone wat in biddende afhanklikheid en ernstige bepeinsing oortuig voel om op hierdie kennisgewing te reageer, is welkom om ’n volledige CV aan te stuur. Daarbenewens sal ons graag wil verneem hoe jy oor die volgende aangeleenthede dink:

  • Jou teologiese oriëntasie binne ons gereformeerde geloofstradisie. (Godsbegrip, kerkbegrip, hermeneutiese raamwerk, morele uitgangspunte, ens).
  • Jou siening van ’n kontemporêre effektiewe gemeente en die rol wat jy daarin wil speel.
  • Jou voorkeur bedieningsareas in prioriteitsvolgorde.
  • Die belangrikste aangeleenthede waaraan die kerk tans aandag moet skenk.

Die sinodale riglyn sal in ag geneem word met die samestelling van die vergoedingspakket. Inwoning in die gerieflike pastorie langs die kerk maak daarvan deel uit.

Die gemeente wil graag aan ’n passievolle leraar met ’n sterk roepingsbesef die geleentheid bied om sy of haar evangeliebediening ten volle uit te leef tot eer van ons hemelse Vader en die heil van sy koninkryk en gemeente.

Navrae kan gerig word aan:

Lientjie Maré (Saakgelastigde) – 017 647 3202.
Koos Boshoff (Leierouderling) – 082 291 5408.

Die CV moet asseblief per e-pos na ngbetoos@telkomsa.net gestuur word, nie later nie as 14 September 2020.
Verdere reëlings sal met die respondente getref word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.