Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.
Aansoek om aanwysing as godsdienstige denominasie ten einde selfdegeslagverbintenisse te bevestig
In ’n skrywe van die Departement Binnelandse Sake is kennis gegee dat die NG Kerk se aansoek om selfdegeslagverbintenisse te voltrek, gunstig ontvang is.
Die skrywe lui as volg:
Die minister van Binnelandse Sake het ingevolge Artikel 5(2) van die Civil Union Act, 2006 (Wet nr 17 van 2006) besluit om predikante van die NG Kerk, wat sou aansoek doen en aan die bepaalde vereistes voldoen, magtiging te gee om selfdegeslagverbintenisse te voltrek binne die Republiek van SA.
Die magtiging is van krag vanaf 22 Junie 2020 en is onderworpe aan die bepalings van Artikel 5 van bogenoemde Wet 2006.
’n Gelegitimeerde predikant, wat die opsie wil uitoefen om selfdegeslagverbintenisse te bevestig, moet die volgende inligting verstrek:
- Volle name en van
- Afskrif van identiteitsdokument
- Fisiese adres en kontaknommer van die aangewese huweliksbeampte
- Die naaste kantoor van die Departement Binnelandse Sake waar die huweliksbeampte die voorgeskrewe toets sal aflê.
Dieselfde aansoekprosedure sal in die toekoms gevolg word en deur die kantoor van die Algemene Sekretaris hanteer word.
Die aansoek sal gefinaliseer word sodra die nodige inligting ontvang is. Inligting oor die inhoud, ens. wat benodig word vir die aflê van die voorgeskrewe toets sal aan elkeen wat aansoek doen, deurgegee word.
HIER is ’n vorm waarop die nodige inligting ingevul kan word, indien jy die opsie sou wou uitoefen.
Dit moet so gou moontlik aan Sophia by sophiad@ngkerk.org.za besorg word. Die teikendatum vir die aanstuur van die inligting is 19 Augustus 2020.
Vriendelike groete
Gustav Claassen
Algemene sekretaris: NG Kerk
Die artikel behoort dit duidelik te stel dat die Wet op Burgerlike Verbintenis ‘n huwelik of burgerlike verbintenis daarstel tussen twee ongetroude mense ongeag hulle geslag. ń Seldegeslagverbintenis ingevolge vd wet is dus ook ‘n huwelik. Om dit weg te laat kan ‘n wanindruk oor die status van ‘n selfdegeslagverbintenis veroorsaak nl dat dit nie ‘n huwelik is in hierdie konteks nie.
Ek is bekommerd dat die ander deel van die opdrag nie uitgevoer is nie. Wat het geword van die proses vir predikante wat nie burgerlike verbintenisse wil voltrek nie (Wet 17 van 2006, Civil Union Act klousule 6) nie insake : “6. marriage officer , other than a marriage officer referred to in section 5 may in writing inform the Minister that he or she objects on the ground of conscience, religion and belief to solemnising a civil union between persons of the same sex, whereupon that marriage officer shall not be compelled to solemnise such civil union” waarvoor die AS ook sou aansoek doen?
Wat sê God hiervan?
So jammer!
Geagte leser, ons verwelkom oop gesprek.
Ons vra dat jy ons gespreksriglyne lees indien jy aan gesprek wil deelneem op ons platform.
Dis te sien by hierdie skakel: https://kerkbode.christians.co.za/kommentaarbeleid/
‘n Kort opsomming sou wees, “Meer lig as hitte”. Kerkbode is nie ‘n bokskryt nie.
Maar ek plak ‘n meer breedvoerige weergawe hieronder.
Ons verwyder kommentaar volgens die volgende riglyne:
* Kommentaar wat ander se geloof en Christenskap bevraagteken op grond van verskillende interpretasies van sekere aspekte van die Christelike tradisie.
* Kommentaar wat ander beledig, ook wanneer dit beskryf word as ’n vorm van godsdienstige vermaning.
* Kru taal of bloot onsmaaklike opmerkings.
* Lasterlike opmerkings, insluitende kommentaar wat daarop gemik is om individue of kerkgemeenskappe skade te berokken.
* Enige vorm van haatspraak, insluitende rassisme, seksisme en homofobie.
* Gespreksgenote wat voortdurend gesprekke begin oor Kerkbode se riglyne vir gesprekvoering en hoe dit toegepas word.
* Kommentaar wat na die oordeel van die gespreksmoderator nie bydra tot respekvolle dialoog nie.
Let wel, dit is nie vir ons moontlik om individuele kommentaar dag en nag te modereer nie.
Hierdie riglyne vir gesprekvoering sal op ’n gereelde basis opgedateer word soos ons dit nodig ag. – Red.
Interessant dat dieselfde denominasie wat “heilig” oortuig was dat God apartheid goedgekeur het, nou weer “heilig” oortuig is dat selfdegeslag-huwelike God se goedkeuring wegdra.
Hierdie is ‘n perfekte voorbeeld van die Engelse spreekwoord “jumping the gun” . Soos ‘n atleet wat wegspring voordat die skoot geklap het. In verlede jaar se Algemene Sinode (AS) was daar ‘n besluit geneem rakende selfdegeslagverhoudings. Punt 12 lui so: “Die Algemene Sinode dra dit aan ATLAS op om voort te gaan met studie oor die huwelik en menslike seksualiteit met die oog op terugvoer aan die volgende sinode.” As dit reg het, is die volgende AS in 2013. Hierdie saak is voortydig aangeroer en daar sal vir seker repurkussies en implikasies wees.
Vingerfout jammer: volgende AS 2023!!
Ons het nou twee NG Kerke, of dit erken word of nie dit is ‘n feit. Ek sal nie tuis voel in ‘n gemeente waar die leraar bereid is om selfdegeslaghuwelike te bevestig nie. Ek sal dus n keuse moet maak opgrond van my geloofsoortuiging en as jy ‘n keuse moet maak is daar twee. Ons geliefde kerk het stilweg geskeur sonder stamp of stoot…hoe hartseer!!