Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Termynbepaalde leraarspos
Sluitingsdatum: 7 September 2020
Gemeenteprofiel:
- Victoria-Wes is ’n plattelandse dorp, geleë in die Noord-Kaap, maar resorteer onder die Sinode van Wes-Kaap.
- Ekonomie: boerdery, besighede en toerismebedryf.
- Lidmate: 320 belydende en 60 dooplidmate, georganiseer in vyf plaas- en vyf dorpswyke.
- Samestelling: Goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum.
- Die gemeente wil graag kerk wees op voetspoor van Jesus!
Leraarsprofiel:
Die suksesvolle kandidaat:
- Moet op die platteland kan aanpas en werk.
- Het bedieningsvaardighede oor die hele ouderdomspektrum.
- Moet ’n goeie spanwerker wees met leiereienskappe.
- Huis- en pastorale besoeke is ’n prioriteit.
- Het ’n aanvoeling vir vernuwende en Woordgetroue prediking.
- Is ’n bouer van liefdevolle omgeeverhoudings.
- Het ’n hart vir die ekumene.
- Is ’n energieke motiveerder.
- Vaardig met digitale media.
Vergoedingspakket:
- Onderhandelbaar volgens sinodale skaal tot ’n maksimum Kerf 8.
- Hierdie is ’n vaste termynbepaalde pos van drie jaar.
- Indien dit tot voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn verleng word.
- Ruim pastorie.
Aansoeke:
- Stuur CV met minstens drie referente aan die skriba.
- ’n Vraelys is op navraag by die skriba beskikbaar en moet saam met die CV ingestuur word.
- Kandidate wat die kortlys haal, moet tussen 10 en 14 September vir ’n onderhoud beskikbaar wees (indien enigsins moontlik, persoonlik).
- Sluitingsdatum: 7 September 2020, 09:00.
Navrae:
- André Theron, brugleraar: 076 903 8271, lali.theron@gmail.com
• Herman Hugo, voorsitter kerkraad: 079 669 3380, hugofin@absamail.co.za
• Alta vd Merwe, skriba: 082 624 7610, ngkerkvicwes@gmail.com
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.
Geborg
