Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse Leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2020
Die kerkraad van NG Delareyville-Oos wag in afhanklikheid aansoeke in vir die bostaande pos.
Gemeenteprofiel:
Plattelandse gemeente in die Noordwes-provinsie met 245 belydende en 73 dooplidmate. ’n Informele en vernuwende styl met ’n sterk fokus op lofprysing en aanbidding in eredienste. Gemeentelede bestaan uit boere, besigheidsmense en dorpenaars (spektrum van jeug tot bejaardes). Die ouetehuis is ’n belangrike bedieningspunt. Kinderbediening is belangrik. Nabygeleë buurdorpe is Schweizer Reneke 60 km, Vryburg 80 km, Klerksdorp 135 km, Lichtenburg 100 km en Sannieshof 40 km.
Leraarsprofiel:
- Passievol, met ’n lewende verhouding met God.
- Oortuig van die roeping deur die Heilige Gees.
- ’n Vernuwende aaanbiedingsbenadering.
- Passie vir bejaarde bediening.
- Fokus op jeug.
- Bereid om huisbesoek te doen.
- Fokus op verhoudingsbou.
- Sterk interpersoonlike verhoudinge.
- Samewerking met alle bedieninge is belangrik.
- Voertaal – Afrikaans.
Vergoeding en voordele:
- Vergoedingspakket en werksure ooreenkomstig bepalings van die Kerkorde.
- ’n Vervoertoelaag is van toepassing vir amptelike werk.
- ’n Ruim pastorie langs die kerkgebou is tot die leraar se beskikking.
Aansoek:
- Stuur CV vergesel van dekbrief met motivering waarom jy jouself as leraar van
die gemeente sien. Dui kontakbesonderhede van drie referente aan. - Stuur aansoek per e-pos aan ngoos@lantic.net en Ian.putter@gmail.com
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2020.
NAVRAE: Administratiewe beampte: J Pretorius by 083 362 9906: kantoorure 8:00-13:00, Maandag, Woensdag en Vrydag of Ian Putter by 082 948 2565.
Onderhoude sal gevoer word met kandidate op ’n kortlys. Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum niks van ons gehoor het nie, moet u aanvaar dat u nie die kortys gehaal het nie. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
