Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar (Voltyds – onbepaalde termynpos)
Sluitingsdatum: 25 September 2020
Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk, word genooi om aansoek te doen vir die vakante leraarspos by NG gemeente Paardekraal-Monument.
Gemeenteprofiel
Die gemeente is in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal), is gestig in 1953 en het tans ongeveer 607 belydende en 104 dooplidmate. Die kerkgebou is geleë in Monument-uitbreiding van Krugersdorp aan die Wes-Rand van Gauteng. Die gemeente bedien die Monument- en Noordheuwelwoonbuurte van Krugersdorp, asook verskeie lidmate buite die oorspronklike gemeentegrense.
Ons gemeente staan gegrond op die Bybel as die heilige en onwrikbare Woord van God en is getrou aan die tradisionele Gereformeerde basis.
Dit is ’n goed gevestigde gemeente wat funksioneer as ’n geloofsfamilie wat lief is vir God, mekaar en ons naaste, soos vervat in ons roepingstelling: “Ons, klein en groot, is geroep om God saam te aanbid, te groei in navolging van Christus en in Sy koninkryk te dien”. Ons glo dat ons nie ter wille van onsself hier is nie, maar ter wille van die gemeenskap waarbinne ons graag die beeld van Christus wil uitdra.
Meer inligting is op ons webblad beskikbaar by www.ngpaardekraal.co.za
Leraarsprofiel
- Entoesiastiese, Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging;
- Sterk onderlê wees in pastorale sorg;
- Ervaring van jeugbediening maar ook op die totale gesin kan fokus;
- Bewys kan lewer van verantwoordbare en aktiewe betrokkenheid binne die gemeenskap om lidmate te begelei tot hulle missionale roeping in die gemeenskap;
- Beskik oor die ervaring om gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk en daarin te ondersteun;
- Beskik oor leiers- en bestuursvaardighede om bogenoemde bedieninge te laat vlot verloop;
- Kan in spanverband op verskillende vlakke met kerkraad en medegelowiges saamwerk
tot eer van God en gemaklik met mense van verskillende ouderdomsgroepe omgaan; - Ervaring van vernuwende metodes vir die bediening van die Woord soos toegepas tydens die inperking.
Werksprofiel
- Ooreenkomstig die inhoud van Artikel 9 van die Kerkorde en die bedieningsvereistes van die gemeente.
Vergoedingspakket
Die totale koste van indiensneming (TKVI) is onderhandelbaar, met insluiting van gepaste behuising.
Aansoeke
Belangstellendes word versoek om ’n volledige CV met drie persone as verwysings, wat maklik gekontak kan word per e-pos, saam met die skriftelik gemotiveerde aansoek aan die saakgelastigde te stuur by: ngpaardekraal@gmail.com
Daar mag van die kandidate op die finale kortlys verwag word om ’n persoonlike onderhoud met die Pre-advieskommissie te voer.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke te maak of die pos te vul nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 September 2020.
Navrae
Kontak die saakgelastigde by 011 954 4301 of per e-pos by: ngpaardekraal@gmail.com
