Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Oranjevallei

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Termyn bepaalde leraarspos
Sluitingsdatum: 11 September 2020


Die huidige leraar het reeds die ouderdom van 65 jaar bereik en stel die gemeente daarom bekend dat ons vir minstens die volgende drie jaar ’n bepaalde termynpos wil skep en leraars nooi om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

  • Oranjevallei is ’n plattelandse nedersetting langs die Oranjerivier 15 km wes van Upington in die Noord-Kaap.
  • Die gemeente bedien ’n meestal boerderygemeenskap met ses wyke waarvan een in Upington is.
  • Ons het 230 belydende en 66 dooplidmate wat in die gemeente kategese ontvang.
  • Die gemiddelde ouderdom van lidmate is ongeveer 45 jaar.
  • Ons is ’n geloofsfamilie wat deur God geroep is om verhoudingsgerig te leef en sodoende ook ’n verskil te maak in die samelewing en breër gemeenskap.
  • Ons fokus in die erediens daarop om die Woord met ’n tradisionele benadering te bedien.
  • Die visie van die gemeente is: “Deur God geroep tot die wêreld”.

Leraarsprofiel:

Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep:

  • ’n Dinamiese, Woordgetroue leraar/proponent van die NG Kerk.
  • Moet ’n passie hê vir sy/haar beroep en ’n gevoelige hart vir alle ouderdomsgroepe.
  • Beslis aktief betrokke wees by die jeug asook bejaardes.
  • Meelewing met aktiwiteite van die gemeentelede.
  • Sigbaar wees binne die gemeente.
  • Moet in beide tradisionele en gesinsdienste die Woord verkondig met innoverende denke, maar steeds met respek vir tradisies.
  • Moet kan leiding gee en ook bereid wees om deel van ’n bestuurspan te wees.
  • Moet maklik kan kommunikeer, buitekerklikes kan identifiseer, hulle laat welkom voel en aanmoedig om deel van die gemeente te wees.
  • Gemaklik wees met tuis besoeke en persoonlike kontak met lidmate en twee keer per jaar by elke huis besoek doen.
  • Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn, in samewerking met die ander leraars binne die bedieningsraamwerk van die gemeenskap.

Vergoedingspakket:

  • Hierdie pos is vir ’n jaartermyn.
  • Indien dit tot voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn verleng word.
  • Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal as riglyn en ander voordele en riglyne as basis.
  • ’n Ruim pastorie is beskikbaar naby die kerkterrein.

Aansoeke:

  • E-pos volledige opgedateerde CV met minstens drie referente na die kerkkantoor: ngkoranjevallei@gmail.com
  • Kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ook moontlik vir die waarneem van ’n preekbeurt in die gemeente.
  • Sluitingsdatum: Al is ons tans in ’n grendeltyd agv Covid-19, is die sluitingsdatum 11 September 2020.
  • Diensaanvaarding: 1 Desember 2020 of so spoedig moontlik in 2021.

Navrae:

  • Louwrens Serfontein (voorsitter Finans) – 082 921 9213; Melize Swart (skriba) – 081 349 2516; Christine Lintvelt (tesourier) – 082 678 7585.
    • Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie en om name op tradisionele wyse toe te voeg tot die groslys.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.