Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Petrus Steyn

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2020


GEMEENTEPROFIEL:

Die NG gemeente Petrus Steyn is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Noord-Oos Vrystaat, ongeveer 200 km vanaf Johannesburg via die R59 en 280 km vanaf Bloemfontein. Die gemeente is in 1914 gestig en bestaan reeds deur die genade van die Here die afgelope 106 jaar. Die gemeente bestaan uit ongeveer 220 belydende en 40 dooplidmate, wat verdeel is in vyf plaaswyke en agt dorpswyke. Daar is ’n aftree-oord in die gemeente asook ’n laerskool en uitstekende hoërskole met koshuise in Heilbron (44 km), Reitz (35 km) en Bethlehem (90 km).

LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:

Die volgende is vir die kerkraad baie belangrik.

  • Die aansoeker moet in ’n innige verhouding met die Here leef en oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
  • Van die aansoeker word Skrifgetroue Woordverkondiging en standpunte verwag, veral tov die maagdelike geboorte, opstanding, hemelvaart en weerkoms van Jesus Christus en dat Hy die enigste Verlosser van die wêreld is, wat entoesiasties aangebied word en geestelike groei bevorder. Ook dat Hy wonderwerke gedoen het en dat die duiwel bestaan.
  • Iemand wat geheg is aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
  • Iemand vir wie veral huisbesoeke en ander pastorale besoeke belangrik is.
  • Die aansoeker moet ’n aanvoeling hê vir die plattelandse bediening in die Vrystaat en meelewend wees in die wyer gemeenskap.
  • Iemand wat begrip het vir die uitdagings wat die landbou hedendaags beleef en die invloed daarvan op lidmate en die totale gemeenskap.
  • Moet ook kennis neem dat Petrus Steyn gemeente ’n dolerende gemeente is met al die implikasies daarvan.

VERGOEDING:

Pakket onderhandelbaar, wat ’n ruim pastorie, wat beskikbaar is vir inwoning, insluit.

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV wat nie langer as drie bladsye is nie,

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2020.

NAVRAE:

Kontrakleraar: Stephen Heyns – 083 231 7556
Leierouderling: Mike Botha – 072 427 7364
Skriba: Danette van der Westhuizen – 079 894 5072


Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.