Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Eenwording: Mylpaal vir gemeentes

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Ons laat net weet dat die proses om een nuwe saamgevoegde gemeente op Touwsrivier te vorm ’n belangrike mylpaal bereik het. Na drie jaar van saam loop en praat, saam Bybellees en bid, word die NG Kerk en die VGKSA Touwsrivier DV op 25 Oktober 2020 amptelik een nuwe saamgevoegde gemeente in terme van die Tussenorde.

Ons gaan hierdie geleentheid vier met ’n erediens wat om 10:00 begin by die NG Kerk in Janestraat, Touwsrivier. Die moderator van die VGK Kaapland, dr Llewellyn MacMaster, sal die prediker wees. Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, sal die nagmaalviering lei. Groeteboodskappe sal deur verskillende persone oorgedra word.

Ongelukkig kan ons nie sê almal is welkom nie, as gevolg van die inperking, wat bywoning tot 250 persone beperk. Ons werk egter aan ’n plan om bywoning te verdubbel deur die aangrensende kerksaal ook te benut.

Belangstellendes kan vir Marlene van der Bank, skriba van die NG Kerk, by ngktouws@gmail.com en by 083 272 2114 kontak.

Die taakspan op Touwsrivier wat hierdie proses begelei het, is baie dankbaar dat ons sover kon kom. Al die eer kom die Here toe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

3 thoughts on “Eenwording: Mylpaal vir gemeentes”

  1. Fanie Engelbrecht

    Ons loof die Here saam met julle vir die pad waarlangs Hy julle gelei het! Dit is Hy wat vir julle ‘n liefde vir mekaar gegee het – ‘n liefdewat meer is as net ‘n aanvaarding van mekaar! Dit is ‘n liefde waar julle geleer het om mekaar se gawes en talente te vier. Ons bid vir julle die oorvloedige seën van Vader, Seun en Heilige Gees!
    Fanie en Mada Engelbrecht

  2. Baie geluk aan die NG Kerk en die VGKSA Touwsrivier met julle voorgenome eenwording. Julle stel die voorbeeld vir die res van die kerk. Mag dit ‘n eerste wees wat opgevolg word deur baie ander gemeentes dwarsoor die land. Julle gehoorsaamheid en getuienis beteken baie vir die wat al wou moed opgee dat eenwording moontlik is. Mag die Here julle seën.

Comments are closed.

Scroll to Top