Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Differentia

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeugwerker
Sluitingsdatum: 15 November 2020


Die NG Kerk Differentia stel hiermee ’n jeugwerkerspos bekend. Dit is ’n deeltydse pos wat tot ’n voltydse pos kan ontwikkel. Dit is ’n nuwe pos en bied daarom baie ruimte vir kreatiwiteit, ontwikkeling en groei.

Jeugwerkerprofiel:

Moet ’n lewende verhouding met die Here hê en die begeerte om Hom te dien; goeie verhoudings met en liefde vir jongmense hê; ’n leerbare gees hê; in ’n span kan saamwerk; passievol en kreatief wees, en verkieslik ’n lidmaat van die NG Kerk, maar nie noodwendig nie.

Pligte:

  • Die intensiewe bou van verhoudinge met die skoolgaande jeug en hul ouers.
  • Die administratiewe en logistieke reëlings van kampe, uitstappies, kategese en jeugbyeenkomste.
  • Die ontwikkeling van ’n span vrywilligers om die jeugbediening te stimuleer.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Mededingende vergoedingspakket sal onderhandel word met inagneming van kwalifikasies.
  • Die pos is deeltyds (18-25 uur per week), maar het die potensiaal om uit te brei.

Aansoek:

Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met kontakbesonderhede van drie referente. CV’s moet vergesel word van ’n beskrywing van jou siening oor die rol van ’n jeugwerker en ’n kort beskrywing van jou sterkpunte en groei-areas.
Rig alle CV’s aan: ngkerk@absamail.co.za

Navrae: Dr Gys Loubser 083 5500 895.

Sluitingsdatum: 15 November 2020.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.