Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse vastetermynpredikantspos (halwe pos) vir twee jaar
(1 Januarie 2021 – 31 Desember 2022)
Sluitingsdatum: 18 November 2020
GEMEENTEPROFIEL:
NG Gemeente Norkempark is geleë in een van die woonbuurtes in Kemptonpark, Gauteng. Die gemeente bestaan uit ongeveer 265 belydende en 20 dooplidmate. Ons ressorteer binne die Ring van Birchleigh in die Hoëveld Sinode. Die oorgrote meerderheid van die lidmate is ouer as 50 jaar.
LERAARSPROFIEL EN VEREISTES:
Die leraar se pligte sal streng verband hou met Artikel 9 van die Kerkorde van die NG Kerk. In die lig van die gemeenteprofiel sal ’n ouer predikant dalk meer tuis voel hier, maar enigeen kan aansoek doen. Die volgende eienskappe is noodsaaklik:
- Uiteraard moet dit iemand wees met ’n lewende verhouding met die Here Jesus.
- Baie goeie menseverhoudings.
- ’n Empatiese lewenshouding en ’n pastorale hart.
- Iemand wat die prediking van die Woord as baie belangrik beskou en wat moeite doen met preekvoorbereiding.
- Iemand wat lief is vir mense en daarvan hou om na hulle uit te reik.
- Spesiale aandag aan ouer mense en nuwe intrekkers is belangrik.
- Rekenaarvaardigheid sal in die aansoeker se guns tel.
VERGOEDING:
Belangstellendes kan die skriba kontak vir meer besonderhede rondom die vergoeding.
AANSOEKE:
Aansoeke kan gerig word aan die skriba per e-pos: ngnorkem@lantic.net ’n volledige CV met twee verwysings (referente) asook twee getuigskrifte nie ouer as ses maande nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 18 November 2020.
Aanvangsdatum van die pos: 1 Januarie 2021 of so gou moontlik daarna.
KONTAKBESONDERHEDE:
- Admin: ngnorkem@lantic.net
- Telefoonnommer: 011 972 2364.
- Selfoonnommer skriba (Liezl): 083 233 7990.
- Selfoonnommer huidige leraar (Christo): 083 331 0215.
Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.
