Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 8 Januarie 2021
In biddende afhanklikheid van die Here adverteer ons die pos van voltydse leraar. Ons huidige leraar emeriteer op 31 Mei 2021.
Gemeenteprofiel:
Die NG gemeente De Tyger is ’n voorstedelike gemeente, geleë in die Noordelike stadsgebied van Kaapstad en is deel van die Ring van Parow. Die gemeente bestaan uit ongeveer 470 belydende (31% in ouderdomsgroep 19 tot 45 en 50% in die groep 46 tot 79) en 90 dooplidmate. Binne die gemeente se grense is daar ’n laerskool, hoërskool en ’n privaat kleuter- en grondslagfaseskool.
Leraarsprofiel:
Die leraar sal verantwoordelik wees vir die nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van Kerkorde as riglyn – die volgende vereistes is egter ook van belang vir die kerkraad met die oog op die beroepingsproses:
- ’n Persoon geïnspireer deur die hele Woord van God.
- Iemand met ’n lewende getuienis en dit uitleef.
- Vermoë om in ’n span te werk en goeie verhoudinge te bou.
- Moet die jeug inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar ook die behoeftes van die bejaardes aanspreek.
- Ook belangrik om alle inwoners (ook buite kerklike persone) van De Tyger te betrek by gemeente-aktiwiteite.
- Moet gemeenteleiers opbou en gemeente geestelik laat groei.
- Passievol oor die erediens en aanbieding daarvan met kreatiewe benutting van die elektroniese media.
- Gelegitimeerde predikant van die NGK of VGK jonger as 35 jaar en met 5-10 jaar bedieningservaring.
Vergoedingspakket:
Salaris, mediesefondsbydrae, pensioenbydrae, kommunikasie en reistoelaag volgens sinodale skaal.
Aansoekproses:
Stuur ’n volledige CV (maksimum drie bladsye) met persoonlike besonderhede, die name en kontakbesonderhede van drie referente, asook persoonlike belangstellings elektronies aan die Voorsitter van die Kommissie van Pre-advies.
Stuur aansoeke aan: Wybrand van Wyk, Voorsitter van die Kommissie van Pre-advies. E-pos: vanwykw@pathcare.org
Sluitingsdatum: 8 Januarie 2021.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2021 of soos onderhandel.
Rig navrae aan:
- Wybrand van Wyk by e-pos vanwykw@pathcare.org of 083 625 2739.
Die kerkraad hou die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak nie uit die aansoeke wat ontvang is.
