Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Windhoek-Moedergemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2021


Die kerkraad van die NG Windhoek-gemeente maak in biddende afhanklikheid van die Here die vakature van ’n voltydse leraar bekend.

GEMEENTE PROFIEL:

Die gemeente is ’n grenslose middestad gemeente met twee eredienste op ’n Sondag in Afrikaans en Engels. Plaaswyke asook plotte buite die stad is ingesluit. Die gemeente akkommodeer ’n oornagskuiling op die kerkterrein, Fresh bediening, dienste by ’n privaat ouetehuis, ens. Ons is ’n missionêre gemeente met plaaslike sowel as oorsee sendelinge. Die bediening is multikultureel en vereis sterk leierskap asook ’n innoverende bediening- styl.

LERAARSPROFIEL:

’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat ongeveer 10 jaar bedieningervaring het, wat oor sterk leiereienskappe beskik, gemaklik in Afrikaans en Engels multikultureel asook pastoraal vernuwend kan werk.

VERGOEDINGSPAKKET:

Volgens sinodale riglyne.

AANSOEKE:

Belangstellendes kan hul navrae en CV (saam met die besonderhede van drie referente) rig aan oudl Theo Klein: kleintg@iway.na; tel: 081 124 1747, Windhoek.

SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2021.


Die kerkraad hou die reg voor om geen aanstelling te maak uit aansoeke verkry nie.
Die kerkraad sal slegs met kandidate op die kortlys onderhandel en terugvoering gee.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.