Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse medeleraarspos
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2021
NG Kerk Kaapstad (Groote Kerk) wag aansoeke in vir ’n leraar wat in ’n span kan saamwerk om die kerkraad en gemeente te lei in die uitleef van ons visie: As vredemakers volg ons Jesus Christus en omarm ons mekaar en ons stad met hulp, hoop en heling.
Persoonsprofiel:
’n Gelegitimeerde leraar of proponent met toepaslike ondervinding.
Die ideale kandidaat is ’n oop, liefdevolle en gasvrye mens, ’n mens-mens, ’n natuurmens.
- Iemand met ’n pastorale hart vir wie verhoudings en ondersteuning en versorging van mekaar deel is van hul menswees.
- Iemand wat saam treur oor verdeeldheid en vervreemding tussen mense.
- Iemand wat versoenend dink, handel en lei.
- Iemand wat ook graag broodbreek saam met andersdenkendes.
- Iemand saam met wie ons in verwondering kan staan oor die geheimenisse en misterie van God en die kosmos.
- Iemand wat die lig op Christus kan laat skyn in hul prediking en uitleg van die Skrif.
Posomskrywing:
Die uitvoer van die bediening van die amp van leraar, in navolging van Christus, en soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde met hoofsaaklik ’n fokus op die volgende:
- Begeleiding, versorging en uitbreiding van die gesinsbediening.
- Gesinsgeoriënteerde prediking en toerusting.
- Pastorale versorging en ondersteuning van lidmate.
- Neem verantwoordelikheid vir die organisering en funksionering van die jeug- en kinderbediening.
- Ander pligte soos met kollegas en kerkraad ooreengekom.
Vergoeding:
’n Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne en huisvesting in die gemeente se pastorie.
Aansoeke:
Stuur asb ’n volledige CV en dekbrief wat aandui waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem.
Stuur aansoeke asseblief per e-pos: skriba@grootekerk.org.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2021.
Navrae: Kan gerig word aan die skriba mnr Jaco de Villiers by 021 422 0569 of skriba@grootekerk.org.za
