Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 19 Februarie 2021
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad hierdie pos bekend vir aansoeke.
OMGEWINGSPROFIEL:
Komatipoort is ’n plattelandse dorp geleë langs die N4, 100 km vanaf Nelspruit op pad na die Mosambiekgrens. Die gemeente se grense is: die Krugerwildtuin (noord), Mosambiek (oos) en eSwatini (suid). Die hoof- ekonomiese aktiwiteite in ons streek is boerderye en aanverwante besighede. Die dorp beskik oor die noodsaaklike infrastruktuur, kleuterskole en ’n skool wat leerders vanaf gr 1 tot gr 12 akkommodeer. Hier is ook vyf dokters op die dorp.
GEMEENTEPROFIEL:
Die gemeente is gestig op 1 November 1962. Die gemeente bestaan uit drie gedeeltes nl dorp, plase en Marlothpark (natuurpark – grootliks afgetrede lidmate). Die gemeente bestaan uit 445 belydende, 169 doop- en 17 ongedoopte lidmate. Die gemeente is verdeel in 23: agt dorpswyke, agt plaaswyke en sewe Marlothparkwyke. Die NG gemeente Komatipoort onderskryf die drie algemene belydenisse asook die drie Gereformeerde belydenisse omdat dit met die Woord ooreenstem.
LERAARPROFIEL:
’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.
Die volgende is vir die kerkraad baie belangrik:
- Iemand wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
- Iemand vir wie Skrifgetroue Bybelse lering voorop staan asook die suiwer Gerefor- meerde leer soos verwoord in ons ses belydenisskrifte.
- Passievol oor die erediens en aanbieding daarvan.
- Pastorale versorging is baie belangrik.
- Beskik oor leierseienskappe om die gemeente in alle fasette (erediens, kategese, Bybelstudie, gemeentelike bedieninge ens) te laat groei.
- Die aansoekers moet verkieslik tussen 34 en 46 jaar oud wees, getroud, met kinders.
- Die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
VERGOEDINGSPAKKET: Volgens sinodale riglyne. ’n Ruim pastorie is beskikbaar.
AANSOEKE:
’n Volledige CV met die name en kontakbesonderhede van drie referente moet tesame met die vraelys, wat by die kerkkantoor aangevra moet word, gestuur word aan die gemeente. CV moet verkieslik nie langer as vier bladsye wees nie. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en moontlike preekbeurt.
STUUR AANSOEKE NA: E-pos: ngkomati@gmail.com
SLUITINGSDATUM VIR DIE AANSOEKE: 19 Februarie 2021.
Datum van diensaanvaarding: 1 April 2021.
NAVRAE:
- Ds Willem Nortjé: 082 850 8807
- Gert Vermaak: 082 452 0897
- Jannes van der Merwe: 082 579 9000
- Ria Pohl: 013 793 7044 (Kerkkantoor, Ma-Vry: 8:00-13:00)
Die kerkraad behou hom die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak
uit die aansoeke wat ontvang is nie.
