Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk George-Bergsig

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Kerk George-Bergsig wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 19 Februarie 2021


Gemeenteprofiel:

Bergsig Gemeente se visie is: “God verander lewens, Hy stuur ons om sy liefde te leef.” Hierdie liefde vir God, mekaar en die wêreld is wat Bergsig se roeping kenmerk. Dit is ons strewe om in verhoudings ons visie uit te leef en die Goeie Nuus van Jesus Christus tot in die uithoeke van die wêreld te verkondig. Getuienis, barmhartigheid en dissipelskap lê ons baie na aan die hart.

Bergsig is geleë in George en het ongeveer 1 859 belydende en 380 dooplidmate. Die gemeente het tans een voltydse leraar, ’n diensleraar en ’n emerituspredikant wat die bediening aan die senior lidmate behartig.

Leraarsprofiel:

Die gemeente is op soek na ’n gelegitimeerde predikant wat die verantwoordelikheid van die getuienis- en barmhartigheidbediening sal behartig. Die kandidaat moet ’n liefde vir God en mense hê en veral ’n passie vir plaaslike en internasionale sending, sowel as barmhartigheidsdiens in die gemeenskap.

Die verwagting is iemand wat:

  • ’n Lewende, passievolle verhouding met die Here het, wat deursyfer in die manier waarop hulle alles in die bediening aanpak.
  • Goed in ’n span kan werk en geken word vir hulle bereidheid om hulle eie agenda te verruil vir die belange van die gemeente.
  • Ervaring het in die bedieningsvelde van getuienis en barmhartigheid.
  • Beide administratief en visionerend verantwoordelikheid vir hierdie twee bedieningsvelde kan neem.
  • Nuwe perspektiewe en inisiatiewe na die tafel kan bring oor plaaslike evangelisasie en uitreik na die gemeenskap.

Ook die normale take van ’n predikant soos in artikel 9 uiteengesit met ywer kan nakom. Dit sluit in:

  • Skrifgetroue Woordverkondiging.
  • Pastorale versorging.
  • Geestelike leierskap.
  • Toerusting van lidmate.

Vergoedingspakket:

  • Volgens sinodale riglyne.
  • Huisvesting in die vorm van ’n ruim pastorie is beskikbaar of alternatiewelik ’n behuisingstoelaag.

Aansoeke:

  • ’n Verkorte CV met minstens drie referente moet gestuur word na admin@george-bergsig.co.za Die CV moet vergesel word deur ’n dekbrief waarin die aan- soeker beskryf waarom hulle glo hulle die geskikte kandidaat is vir hierdie pos. Die dekbrief moet nie langer as 500 woorde wees nie.
  • ’n Kortlys van aansoekers sal genooi word vir persoonlike onderhoude.
  • Sluitingsdatum: 19 Februarie 2021.
  • Diensaanvaarding: Verkieslik voor of op 1 Junie 2021.

Navrae:


Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.