Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Maart 2021
Gemeenteprofiel:
Plattelandse gemeente in die Noordwes-provinsie, geleë tussen Lichtenburg, Ventersdorp en Klerksdorp met 264 belydende en 43 doopdidmate. Lidmate is hoofsaaklik betrokke by die boerderygemeenskap en besighede in die dorp, terwyl heelwat in omliggende dorpe werksaam is. Ons gemeente bedien ook ’n tehuis vir verswakte bejaardes. Die gemeente beskik oor goed toegeruste geboue en ’n ruim, netjiese pastorie.
Leraarsprofiel:
Ons gemeente wil graag ’n leraar aanstel wat entoesiasties is oor sy liefde vir die Here en medemens. Ons verwag van die leraar om met skrifgetroue prediking, pastorale begeleiding en toerusting die gemeente tot geestelike groei te lei. Covid-19 het ’n verandering in erediens bywoningspatroon veroorsaak en ons verwag van die suksesvolle kandidaat om onder hierdie omstandighede die gemeente en gemeenskap te lei om die evangelie onder alle ouderdomsgroepe uit te bou.
Algemeen:
- Die vergoeding en indiensnemingskontrak is onderhandelbaar.
- ’n Gemeenskapsprofiel is op aanvraag beskikbaar.
- Kerkraad van NG Kerk Coligny is onder geen verpligting om ’n aanstelling te maak nie.
- ’n Volledige CV met kontakbesonderhede van referente kan per e-pos gestuur word na die kerkkantoor: ngkcoligny@truenw.co.za
Navrae:
- Kerkraad – Mnr Lemmer Vermooten, 082 493 3850.
- Skriba – Mev Frieda Cronje, 018 673 1108.
Sluitingsdatum: 31 Maart 2021.
