Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugleier
Sluitingsdatum: 15 Maart 2021
Domus Dei Randburg-Suid het ’n vakature beskikbaar vir ’n Jeugleier wat hom/haar kan verbind tot die visie en missie van ons gemeente.
Ons jeugleier moet ’n energieke jong persoon wees wat goed met die jeug van alle ouerdomme kan inskakel en kan kommunikeer op die verskillende, toepaslike ouderdoms groepe. Hy/sy moet ’n naby verhouding met God handhaaf en geestelik saam met die gemeenteleiers groei.
Die persoon moet kan help organiseer aan jeugaktiwiteite, soos ná kerkbyeenkomste, kampe, skakeling met skole asook skakeling met ander gemeentes.
Ons jeugleier moet ’n “aanlyn”-teenwoordigheid kan handhaaf en effektief kan skakel deur verskillende media; soos bv WhatsApp, Youtube, Zoom, Facebook, Google meet etc. ten einde aanlynjeugbediening te kan bevorder en in stand te hou.
Administrasie van jeugbediening, bv roosters opstel, kampregisters byhou, hulpbronne verspreiding en programkoordinering sal ’n integrale deel van ons jeugleier se dagtake behels.
Ons jeugleier sal oor ’n toepaslike kwalifikasie vir jeugbediening (teologie is nie ’n voorvereiste nie) beskik en reeds ’n mate van ondervinding hê met jeugwerk.
’n Goeie werksetiek en energie ter ondersteuning van die posisie sal ’n voorvereiste wees aangesien ons jeug deur goeie rolmodelle aangespoor behoort te word.
Stuur jou aansoek aan: kantoor@domusdei.co.za voor 15 Maart 2021.
Indien enige navrae kan u ds Yolandi Kok direk skakel op 079 354 7902.
