Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Lydenburg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (Onbepaalde termynpos)
Sluitingsdatum: 6 April 2021

Gemeenteprofiel:

Lydenburg is ’n plattelandse dorp geleë op die Mpumalanga-Platorand. Die dorp het ’n uitstekende laer- en hoërskool asook verskeie kleuterskole. Ons is ’n diverse eenmansgemeente wat grootliks bestaan uit ’n boerderygemeenskap, maar ook met beduidende sake en mynboukomponente. Binne ons grense val ’n tehuis vir bejaardes asook ’n sentrum vir verstandelik gestremdes.

Leraarsprofiel:

  • Ons gemeente het ’n leraar nodig wat, behalwe die pligte vervat in Art 9, ’n energieke motiveerder moet wees wat ons tot ’n aktiewe dienende gemeente kan lei.
  • Ons stel ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking, maar ook met ruimte vir jeugbediening en lofprysing.
  • Ons wil graag ’n leraar hê wat aktief by die jeug betrokke is sonder om die bejaardes af te skeep.
  • Huis- en siekebesoek is vir ons baie belangrik.
  • Die leraar moet gemaklik wees met die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms.

Versorging/Vergoeding:

’n Vergoedingspakket sal onderhandel word. Pastorie op ’n ruim erf is beskikbaar.

Aansoeke:

  1. Aansoeke sluit op 6 April 2021.
  2. Aansoeke tesame met CV’s (Waarby die name en kontaknommers van referente ingesluit is) moet gerig word aan:
    Die Saakgelastigde, Posbus 56, Lydenburg 1120.
    Tel: 013 235 3101.
    E-pos: nglydenburg@lantic.net

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.