Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Smithfield

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermynpos (Twee jaar-kontrak)
Sluitingsdatum: Donderdag 1 April 2021


Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van die leraar.

GEMEENTEPROFIEL:

Die NG gemeente Smithfield is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein op die N6. Die gemeente bestaan uit 184 belydende en 30 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en drie dorpswyke.

LERAARSPROFIEL:

Daar word gesoek na ’n persoon wat verkieslik nie ouer as 35 jaar is nie, wat:

  • ’n Entoesiastiese verhouding met die Here het;
  • Met deernis na mense omsien;
  • In ’n span kan saamwerk, asook in die breë gemeenskapslewe betrokke sal wees; en
  • Getroud is (maar nie noodwendig nie).

(NOTA: Finalejaar teologiese studente is ook welkom om aansoek te doen, aangesien die aanstelling van ’n leraar eers na afloop van legitimasie van studente sal plaasvind).

VERGOEDING:

Skaal 1 volgens sinodale riglyne.

AANSOEKE:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings.
  • Rig aansoeke aan: Pre-advieskomitee. E- pos: ngsmithfield@gmail.com

SLUITINGSDATUM: Donderdag 1 April 2021.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.